Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Die Laerskool Kathu se A'risha King en Kian Louw het gedurende die vakansie die provinsie verteenwoordig by die o. 13 Interpro Tennis toernooi in Bloemfontein. Slegs die top 4 van elke provinsie is bevoorreg om hier deel te neem en hulle ding mee teen die top 4-leerders van ander provinsies
 

UPINGTON – Die eerste tweekampliga van die jaar het die afgelope week in Upington plaasgevind en is met groot sukses deur Hoërskool Upington aangebied. Die liga is onder uitdagende, maar opwindende omstandighede aangebied.
Die dag is gekenmerk deur vuurwarm weerstoestande, met temperature wat bo 40Co gestyg het. Ten spyte hiervan het die atlete hul staal gewys en bewys hoekom Noord-Kaapse sportlui bekend staan as van die taaiste in die land. 

Read more …Eerste Tweekampliga skop vir 2026 af

Hierdie drie leerders van die Hoërskool Upington het Uppies by die SA Skole-tennistoernooi verteenwoordig.

 Bernard Coetzee – o/19
 Rohlandi van der Ryst – o/19
 Juan Bezuidenhout – o/15

Die Eagles het die afgelope week met groot sukses aan die Kovsie Smash 2026 in Bloemfontein deelgeneem. 

Die wedstryd uitslae was as volg :

🦅 wen Hoërskool Goudveld met 6 paaltjies
🦅 wen Hoërskool Trio met 3 paaltjies
🦅 wen Hoërskool Overvaal met 5 paaltjies
🦅 wen Potch Volkies ( 2des ) met 5 paaltjies
🦅 wen Hoërskool Pietersburg met 10 paaltjies
🦅 verloor teen Hoërskool Eldoraigne met 68 lopies
🦅 wen Hoërskool Fichardtpark met 8 paaltjies.

Die Kalahari span verloor ongelukkig hul semi-finaal wedstryd teen Eldoraigne en speel uit vir die 3/4 plek teen Hoërskool Fichardtpark. Die Eagles wen hierdie wedstryd gemaklik met 8 paaltjies en eindig die toernooi in die 3de plek uit ñ totaal van 19 skole.  

Twee van  Hoërskool Kalahari se leerders, SJ Everts en Harmony Evans, is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig as deel van die Presidensiële Span vir Ringkontak Vegkuns! 
Dit is ‘n ongelooflike prestasie en ‘n bewys van hul harde werk, dissipline en toewyding.

Vier lede van die Hoërskool Kalahari se Kalahari Eagles-span het die Noord-Kaap o.17-span by die CSA o.17-toernooi in Nelspruit verteenwoordig.
Die Noord-Kaap-span het derde geëindig na oorwinnings teen Mpumalanga, Noordwes en Gauteng Provinsie.
Janko Noeth het die Man van die Wedstryd-pet ontvang na sy vertoning in die wedstryd teen Mpumalanga.
Liam Laing is as Man van die Wedstryd aangewys nadat hy 4 paaltjies vir slegs 4 lopies teen Noordwes Provinsie geneem het.
Aan die einde van die toernooi is Liam Laing as die bouler van die toernooi vir die Noord-Kaap-span en Louhan Noeth as die kolwer van die toernooi vir die Noord-Kaap-span aangewys.

Read more …Kalahari Hoër se krieketspelers blink weer uit

Die karate klub van Change Through Sport sluit hul jaar op `n baie hoë noot af. Twee van sy karatekas vaar so goed in hul gradering soveel so dat Shihan Beukes hulle met `n tweede gordel beloon. 
Wat dit so besonders maak is dat hierdie twee karatekas, ma en seun is. Hulle is Mariëtte Weakley en haar seun Fouche` Die karatekas wat bevorder is tydens die gradering is:

Read more …NGO “Change Through Sport” hou hul laaste gradering van die jaar 2025 en prysuitdeling

GEMSBOK-UPINGTON: Die Interprovinsiale tweekamp wat op 29 November in Kimberley plaasgevind het, het weereens bewys hoekom die sport so vinnig in gewildheid toeneem. Met meer as 230 deelnemers wat van heinde en verre saamgedrom het, was die atmosfeer gelaai met opgewondenheid en mededinging. Atlete van Griekwaland-Wes, Noord-Wes en die Vrystaat het die baan en swembad behoorlik laat gons terwyl hulle vir provinsiale eer meegeding het.
Dit was ’n dag van harde kompetisie waar elke deelnemer diep moes delf om hul beste te wys. In die groter ouderdomsgroepe was die stryd veral intens, met hewige wedlope en indrukwekkende uithouvermoë wat tot die laaste sekonde gehou het. Ten spyte van die sterk teenstand het Griekwaland-Wes as die top provinsie uit die stryd getree – ’n bewys van hul groeiende diepte, toewyding en spanboog.

Read more …INTERPROVINSIALE TWEEKAMP SKOP SEISOEN MET SPANGLANS AF IN KIMBERLEY

GEMSBOK-UPINGTON: : Duineveld se “Kuifie”Jansen (4/19) en Hein Stach (54 lopies, 51 balle) was Saterdag dié span se groot uitblinkers in hul span se sege oor Upington Lions hier op Op die Voorpos se krieketveld berig Nick Pretorius. 
Stach se flitsende kolf en ‘n ewe skitterende boulontleding van 4/19 en 28 lopies van 32 balle deur Jansen het die deurslag gegee in die ZFM-eindstryd waar Duineveld die span van Lions deurgaans onder kwaai druk geplaas het. Jansen is soos rooi wyn vir sy span - hoe ouer hoe beter. Sy goëlballe van ‘n goeie lyn en lengte was eens te veel gewees vir Lions. Stach aan die ander kant het die boulers van Lions met mening bygekom en dit was ‘n lus vir die toeskouers om hom Saterdag op sy beste te sien!

Read more …DUINEVELD SKITTER IN ZFM-EINDSTRYD!

Die Hoërskool Prieska se swemmers het uitstekend gevaar en hul tye baie verbeter die afgelope naweek tydens die 2 & 3 Age Group Gala. Die top presteerders is Rochetté Haai, Henry  Coetzee, Charles Coetzee, Ben Naudé en Hannes Coetzee. Die skool is ongelooflik trots op hulle harde werk, deursettingsvermoë en sportmanskap. 

GEMSBOK-UPINGTON: Die krieketspan van Upington Lions het Saterdag sy ZFM-halfeindstryd (40 bb) met Upington College naelskraap gewen om sodoende deur te dring na die eindstryd berig Nick Pretorius - wat die wedstryd op Op die Voorpos se krieketveld bygewoon het.
 College het eerste gekolf en is almal uitgehaal vir 169 lopies in 37.1 boulbeurte op ‘n kolfblad wat hulp aan die kolwers verleen het. 
Lance Howley met 32 lopies van 53 balle het hardnekkig vasgeskop vir College. 
Die paaltjiewagter, Malcolm Isaacs se 37 van 46 balle het vier viere en ‘n ses ingesluit. 

Read more …Lions klop College met net twee paaltjies

GEMSBOK-UPINGTON: Bodybuilding, ’n sport wat wêreldwyd groot aanhang geniet, kry nou nuwe plaaslike momentum danksy ’n jong atleet wat onlangs haar merk gemaak het op nasionale vlak.
Wat is die IFBB?
Die International Federation of Bodybuilding and Fitness (IFBB) is ’n wêreldwye federasie wat die sport van bodybuilding en fitness reguleer. Dit bied ’n platform vir atlete om hul fisieke krag, estetika en dissipline te toon. Die IFBB is verantwoordelik vir internasionale kompetisies en het ook ’n sterk teenwoordigheid in Suid-Afrika, waar die IFBB SA’s jaarliks plaasvind.

Read more …NK Bodybuilding kry nuwe stem

Subcategories