GEMSBOK-UPINGTON: Noord-Kaap se jaarlikse streekskou skop af op 26 April 2025 te Upington op die skougronde. Hierdie is ‘n moet vir elkeen wat lief is vir ons geveerde vriende, kom geniet die dag by die skou.
In die verlede was Noord-Kaap se streek-skoue in Kimberley aangebied. Vanaf 2017 is die eerste streekskou in Upington aangebied met ‘n skrale opkoms van 133 duiwe deur slegs 6 plaaslike vertoners. Hierdie skou het gegroei tot 570 sierduiwe wat 47 rasse verteenwoordig deur 37 vir 2025.
Orange Diamond blus Fire Lions se vuur
Die Orange Diamond krieketspan het Saterdag, in ideale weersomstandighede, sy vriendskaplike wedstryd op Kameelpark teen die besoekende span van Calvinia se Fire Lions met 41 lopies geklop.
Die tuisspan het eerste gekolf en in sy toegelate 10 boulbeurte 102/6 aangeteken.
Hierop het Fire Lions met slegs 61/7 geantwoord.
Dorp vee vloer met United
GEMSBOK-UPINGTON: “Ons sal ernstig moet gaan kyk wat vandag (Saterdag) verkeerd gegaan het met die spel wat ons gelewer het. Ons was nie op standaard en die onnodige foute wat ons begaan het, het Dorp in staat gestel om die drieë in te ryg”, het die spanbestuur verklaar. So skryf Nick Pretorius, vryskut sportverslaggewer oor die afgelope naweek se wedstryd tussen Upington Dorp en United.
Dorp het Saterdag op die Eilandveld ‘n reuse telling van 77-0 teen ‘n lustelose United-span in hul tweede ZFM-ligawedstryd opgestapel en in die proses 11 onbeantwoorde drieë met reëlmaat ingeryg.
Titaniese wedstryd tussen Dorp en DFC
Upington Dorp moes Saterdag ‘n verwoestende aanslag van Defence Force Collegians (DFC) die hoof bied in sy eerste ZFM-ligawedstryd op die Unieveld.
Dorp het uiteindelik net-net oor sy eerste hekkie gekom om met 31-26 te wen. Met rustyd was hy met 10-7 voor.
Die donkerbloues se groter en swaarder agtal het sy teenstanders swaar laat leef in die vasteskrums.
DFC het ‘n moedige stryd in hierdie afdeling van die spel gelewer.
SASKO/H&W Distributors Rolbal Besigheidsliga 2025 se wenners
Die 2025 SASKO/H&W Distributors Besigheidsliga is verlede Donderdagaand op ‘n hoë noot afgesluit toe die laaste groep spanne dit uitgespook het teen mekaar.
Sewentig spanne het vir drie weke aan hierdie jaarlikse hoogtepunt op die oewers van die Oranjerivier deelgeneem.
Die wenner van vanjaar se SASKO/H&W Distributors Besigheidsliga is Mastercars, met op hul hakke Era 1, gevolg deur Wangedrag.
URB-ICT was vierde, daarna SASKO/H&W Distributors (5de), Vukapanda TRP (6de), Extreme (7de) en MacDonalds TRP (8ste).
Ramblers Tennisklub gereed vir Senior Tennistoernooi
STELLALANDER-VRYBURG - Hulle sê ouderdom is net 'n syfer, en van die land se tennisveterane gaan dit bewys wanneer hulle op 11 en 12 April 2025 hul vernuf op die bane ten toon stel tydens die gewilde Ramblers Tennisklub se Se-nior Tennistoernooi.
Die allergewilde toernooi, wat reeds vir die 35ste agtereenvolgende jaar aangebied word, skop af op Vrydag, 11 April om 11:00 met die gemengde dubbels. Hierna volg die prysuitdeling en 'n heerlike skaap op die spit om die eerste dag se aksie feestelik af te sluit.
Saterdag, 12 April, hervat die kompetisie om 09:00 met die mans- en damesdubbel afdelings
Sundowns kraai koning by Wafa-Wafa-Toernooi
Die puik sokkerspan van Kakamas Sundowns het Saterdagaand die jaarlikse Wafa-Wafa-sokkertoernooi op die Dicky Jacobs-stadion voor 2 000 toeskouers gewen en daarmee weereens getoon dat hulle op dié stadium die beste span in die streek is. Dié jaarlikse toernooi het Vrydag op Vryheidsdag afgeskop.
Die verdedigende kampioen van die afgelope twee seisoene het van sy beste spel gelewer voor groot skares oor die afgelope twee dae se harde mededinging waaraan 16 spanne deelgeneem het.
Sundowns het in die eindstryd met Rosedale United afgereken om maklik met 3-0 te wen.
Griekwaland-Wes wys staal by die SA Tweekamp-kampioenskappe
Die Griekwaland-Wes tweekampspan het die geleentheid gehad om hul staal in ’n warm Oudtshoorn by die SA Tweekamp-kampioenskappe te wys. Die het op 22 Maart in die hitte van Oudtshoorn plaasgevind, maar dit het nie verhoed dat atlete van regoor die land hul beste vertonings lewer nie.
In hierdie strawwe omstandighede het Griekwaland-Wes se deelnemers hul staal gewys en met ‘n indrukwekkende medalje-oes weggestap.
Dine Joubert het ‘n goue medalje verower in die spesiale behoef-tes-kategorie en ‘n besonderse vertoning gelewer.
Llewellyn Orffer het ‘n silwermedalje ingepalm in die seuns o.13-afdeling, terwyl Lehane Lategan ‘n bronsmedalje in die meisies o.17-afdeling huis toe geneem het.
Atlete presteer
Hierdie spogatlete van die Hoërskool Kathu het uitstekend gevaar by die provinsiale byeenkoms op Kimberley. Die skool spreek ‘n spesiale dankie aan die atletiek afrigter, mnr. C van Tonder, vir sy leiding, toewyding en harde werk in die voorbereiding van die atlete.
HOWZAT! Krieketspanne wys hul staal
Orange Diamonds se Krieketspan wat deur Janco Lourens afgerig word, het Saterdag in Keimoes teen Keimoes Tigers kragte gemeet. Hulle het vierde geëindig in die ZFM-krieket-unie se T20-reeks wat verlede week deur Duineveld gewen is. Volgens Janco gaan sy span in die volgende seisoen met mening terug wees om die title te verower. “Ons het vanjaar op kritieke oomblikke van ons wedstryde deur ons vingers laat glip. Ek dink ons het baie geleer uit ons foute en kan nou net sterker en beter voorberei in die nuwe seisoen”. *Foto: Nick Pretorius
Suksesvolle oopwater-swemgeleentheid
Upington swemklub het onlangs ‘n suksesvolle oopwater-swemgeleentheid aangebied.
Met baie deelnemers van binne en buite die klub en talle ouderdomsgroep is afstande van 200m tot 1600m in goeie tyd en gees geswem.
Daar is swemmers van alle style gesien, met selfs ‘n likkewaan wat die swemmers aangemoedig het.
Hierdie geleentheid het die swemmers verteenwoordig op alle vlakke. Nie net die sprankelende gala swemmers was daar nie, maar ook die LTS (learn to swim) kinders en selfs senior swemmers was betrokke.
By Upington swemklub streef hulle na kwaliteit op enige vlak van jonk tot oud en verwelkom nuwe swemmers met ope arms.
Duineveld dra nou die ZFM Krieket-unie kroon
GEMSBOK-UPINGTON: Die Duineveld krieketklub is die nuwe ZFM krieket-unie kampioenspan van die 2024/’25-krieketseisoen. Hulle het met 24 punte bo-aan die puntelys geëindig, gevolg deur College (23), Upington Lions (22) en Orange Diamonds (21).
Duineveld is Saterdag aangewys as die kampioenspan - sonder dat daar weens die reën wat oor die naweek uitgesak het, een enkele bal afgestuur is.
Die skeidsregters en die twee kapteine het eenparig besluit dat die kolfblad nie geskik was vir die eindstryd.
Beide halfeindstryde (College/Lions en Duineveld/Orange Diamond) is Saterdag weens reën afgestel.