Upington Tweekamp se Liga 2 - en fondsinsameling - het plaasgevind te midde van ‘n skroeiende 40 grade hitte op 10 November, maar dit het nie die opwinding gedemp nie!
Hierdie geleentheid het nie net ‘n wonderlike saamtrek van atlete gebring nie, maar ook ‘n geleentheid gebied om die gemeenskap se hand te vat en fondse vir Solidariteit se Helpende Hand in te samel.
Die warm temperatuur het nie die deelnemers ontmoedig nie - en die liga het ‘n nuwe hoogtepunt bereik met ‘n indrukwekkende 100 atlete wat meegeding het.









CAPESPAN Plase het die afgelope naweek op Saterdag, 23 September 2023 nog ‘n sukesvolle Sporttoernooi vir hul plase se sokker en netbalspanne aangebied te Cape-span Valam plaas se sportgronde. 







