Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

UPINGTON: Ses plaaslike krieketspanne het die naweek kragte gemeet en goeie spel was aan die orde van die dag. Hier is ‘n kort samevatting van die drie wedstryde wat in die ZFM-liga uitgespook was:

Upington Lions se draaibalbouler, Saood Ali, het Uppies se kolwers met sy goëlballe dronk gedraai en sodoende sy span grootliks gehelp om sy wedstryd gerieflik te wen  -met 9 paaltjies.


Die talentvolle speler het met 4/26 in agt boulbeurte geëindig. Vir Uppies het Vaylen Lombard (16),  Ruann Esterhuizen en Johannes du Plessis (albei 14 lopies) die beste met die kolf gevaar. Lions se aanvangskolwer Nielbert Kitching het 57* van slegs 30 balle gemoker. Saam met hom het Adeel Azam met 16* die wenlopies aangeteken.