Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die Upington Extreme van 21 Oktober 2023 was ‘n reuse sukses! Toyota Financial Services, Upington Toyota en die Upington Rotary Club het met trots vanjaar dié geleentheid aangebied.
Dit was so mooi om te sien hoe jonk en oud mekaar ondersteun van ‘Start to Finish.’ 
Vanjaar was die Upington Off-Road Triathlon weer in volle swang en elke jaar is meer spesiaal as die vorige een.
 Hoërskool Upington het 10 spanne ingeskryf onder die skoleafdeling - asook gaps die Uppies die eerste 3 posisies by die prysuitdeling! 


 “Alida Louw was die Rotary se spesiale gas by vanjaar se Extreme. Elke jaar het ons ‘n spesiale gas, ‘n man of vrou wat werklik diep spore in die gemeenskap trap, iemand wat vir sport en die samelewing baie beteken en wat oor baie jare ‘n voorbeeld en inspirasie vir elkeen in die gemeenskap is. Ons spesiale gaste van die afgelope jare het ingesluit merkwaardige manne en vroue soos Ruben Ramolefi, Riël Gresse (toevallig ons borg), Rene Steyn, Nanze Els, Francois Verdoes en Petri Nieuwoudt om maar net ‘n paar te noem. Hierdie jaar se keuse van die Rotariërs het geval op ‘n baie spesiale vrou, iemand wat se familiebande en geskiedenis vir jare strek, iemand wat altyd agteroor buig vir veral kinders in ons gemeenskap en iemand wat vandag ‘n spesiale dankie verdien....Alida Louw. ‘n Absoluut formidabele vrou met ‘n teenwoordigheid, ‘n menswees en ‘n ongelooflike hart wat letterlik elke jaar honderde kinders se lewens aanraak. Alida, uit die diepte van ons harte wil Rotary en die hele gemeenskap vir jou dankie sê vir wie en wat jy is, die manier waarop jy die lewens van so baie kinders aanraak en vir jou menswees in totaliteit. Ons het net respek en agting vir jou en mag jy die tyd en kans gegun word om nog duisende lewens aan te raak met jou menswees en persoonlikheid.” ~ Len se Pen
Die magtige Oranjerivier swem was ‘n uitdaging vir van ons altete… maar op die einde van die dag was die Toyota Exteme 2023 ‘n onvergeetlike lekker dag saam met mede fiksheidsentoesiaste. 
 Conrad Strauss het algeheel die beste tyd tot op datum bereik  by vanjaar se Extreme, hy het vir die Oranjerivier gewys wie is die ‘Baas vannie plaas.’ 
Thabo Monaka, CEO van Toyota Financial Services (TFS), wat vanjaar die hoofborg van die Extreme was - en sy hele span het die dag saam met ons geniet en selfs twee spanne ingeskryf om deel te neem.  
Vanjaar was ook die eerste jaar wat die Kids Extreme aangebied was en dit was ‘n reuse sukses! Dié kaalvoetkinders het saam gehardloop, fietsgery en om die swembad geswem. 
Die hart agter die inbring van die nuwe kinderafdeling, is om die sport te bemark en te vestig onder die jeug en sodoende die toekomstige geslagte atlete voor te berei. 


Ons sien uit om jeug betrokke te kry en glo dat die nuwe uitbreiding van krag tot krag sal groei. 
Vriendelike groete
Upington Toyota en Upington Rotary Club