Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Martin Petrus, wie ons leer ken het as die man wat Paastyd die kruis tussen Keimoes en Upington gedra het, is verlede week as biskop ingeseën.

Pastoor Jacobus Martin Petrus is deur dr. H Cook ingeseën en toegewy as biskop tydens ‘n besondere erediens.
Aartsbiskop Malgas het die woord van God kragtig bevestig. Pastoor Mambagha en pastoor Dundee het biskop Petrus bemoedig met hul boodskappe.  
Broer Cicel het ook ‘n boodskap gebring en die gemeente in samesang gelei. 

Read more …Hy is nou ‘n biskop

GEMSBOK-UPINGTON: Die sake-omgewing in Suid-Afrika verander voortdurend met die bekendstelling en implementering van nuwe wetgewing en wysiging van bestaande wetgewing. Sake-eienaars kan tereg onseker voel oor hierdie steeds veranderende nakomingsomgewing.
Om sake verder te kompliseer, skep hierdie nuwe generasie wetgewing ‘n integrale web van nakoming. Dit alles kom op ‘n tydstip wanneer besighede reeds baie uitdagings in die gesig staar.
Dit is hier waar SERR Synergy se omvattende dienste  die nakomingskopseer vir beighede van enige aard, totaal en al genees.
Hierdie span kenners in hul gebied weet presies wat om te doen met al die vreesaanjaende afkortings soos B-BBEE, SETA, UIF, YES, OHS, PAIA en POPI en hoe om jou besigheid te ondersteun om volhoubaar te groei.

Read more …SERR Synergy vir volhoubare groei van jou besigheid

 GEMSBOK-UPINGTON: Nadat sy vir bykans ‘n hele jaar nie ‘n geluid kon hoor nie, het Julia Horne se lewe vir die tweede maal in een jaar onherroepelik verander, na ‘n sukesvolle en geskiedkundige kogleêre inplan- ting (gehoorinplanting) weer haar wêreld vol klank kom maak het, so op die vooraand van die feesgety.
Julia Horne van Paballelo se suksesvolle ‘gehoorinplanting’ is die eerste in sy soort in die hele Noord-Kaap.  
Julia het na afloop van siekte, skielik haar gehoor heeltemal verloor. 
So het sy haar gehoor in Januarie van jaar geheel en al verloor.

Read more …Kogleêre inplanting ‘n mediese eerste vir NK

GEMSBOK-UPINGTON: Upington bruis van opgewondenheid, want die heel eerste Kalahari Kersboom Karnaval is om die draai! 
Ons is op soek na die kreatiefste, mooiste en mees unieke kersbome wat die Kalahari nóg gesien het — en jóú besigheid kan deel wees van hierdie feë-agtige feestydviering.
Hoewel die sluitingsdatum 1 Desember was, het ons nog slegs 10 plekke beskikbaar vir laat-inskrywings. As jou besigheid nog wil deel word van hierdie blink avontuur, kontak asseblief vir Debbie so spoedig moontlik om jou plek vas te maak.
Dis ’n gulde geleentheid om jou handelsmerk op ’n vrolike, kreatiewe manier te laat skitter… letterlik!
Belangrike Besonderhede: Waar: Upington-swembadsaal

Read more …Word ’n Kersboom Koning by die Kalahari Kersboom Karnaval 2025!

GEMSBOK-UPINGTON: Proponent Marlon Petro van Springbok VGK-gemeente het onlangs ‘n beroep na die gemeente van Upington aanvaar. 
Hy is Saterdag met waardigheid deur die gemeente van die Verenigende Gereformeerde Kerk Upington (VGK) ontvang en bevestig as hul nuwe predikant. 
Proponent Petro, ‘n boorling van Springbok in die Namakwa- landstreek,  is Sater- dagoggend amptelik deur die plaaslike kerk-raad se konsulent ds. Johan Julies aan die gemeente voorgestel

Read more …Nuwe predikant vir VGK Upington

GEMSBOK-UPINGTON: Pasiënte wat van die week af na drs. Kuys en Conradie se spreekkamer gaan, sal beslis die be-kende gesig van Hester Kruger mis. 
Hester, wie sedert 3 Julie 1983 by die praktyk werk, het nou na 42 jaar afgetree. Hester het by oorlede dr. Des Webster begin werk as verpleegkundige en ontvangsdame toe haar kinders, Willie en Annamarie nog op laerskool was. In 1987 het dr Kuys by die praktyk aangesluit en sedertdien werk hulle twee saam. Dr. Kuys het Hester bedank vir haar toewyding, lojaliteit en vriendelikheid deur die jare.

Read more …Sy tree af na 42 jaar

GEMSBOK-UPINGTON: Sedert Gerrie Horn van Uap buite Upington, as jong seun begin het om aan motors te werk, het hy nog nooit opgehou nie.
Gerrie het op hoërskool sy hart verloor op ‘n 1958 Ford Prefect en by ‘n paneelklopper op Jagersfontein gewerk om die motor af te betaal.
Dis dan ook daar waar sy basis gevorm is om paneelklopwerk te doen, om enjins oor te bou en om restourasie van ou motors te doen.
Na 23 jaar in die buiteland, het hy drie jaar terug afgetree en is nou voltyds besig om sy ou motors te restoureer.
As dieselwerktuigkundige en meganiese tegnikus het hy in o.a. Tanzanië, Zambië en Ghana vir First Quantem Minerals gewerk wat myne in Afrika, Finland en Australië besit.
Gerrie sê hy het “betyds”afgetree om nog sy lewe te geniet en om sy ou motors te restoureer.

Read more …Ou motors is in sy bloed

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Groot groep van die ACVV Dienssentrum op Upington, is verlede week by Ougoud bederf met ‘n vroeë Kersfees-kuier.
Van die bejaardes het met die bussie by Ougoud aangekom en ander met hul eie vervoer. Daar is gekuier van 09:00 tot na 11:00, soos die verskillende groepe ingekom het.
Die bejaardes is ontvang deur leerders van Op die Voorpos en na hul sitplekke geneem.
Mariska Lindeque, bestuurder van Pick ‘n Pay het almal verwelkom. 
“Dit was ’n spesiale dag, want dit het ons die geleentheid  gegee om vir julle te sê: julle is nie vergeet nie. Julle is die juwele en wysheid van ons gemeenskap - diegene wat dit help bou, lei en met liefde vul.
“Ons is dankbaar vir alles wat julle gedoen het en steeds doen, op maniere wat dikwels nie gesien word nie, maar diep waardeer word. Julle stories, goedhartigheid en voorbeeld herinner ons aan wat werklik belangrik is - omgee, verbondenheid en gemeenskap

Read more …Dienssentrum-lede hou ‘n vroeë Kersfees

GEMSBOK-UPINGTON: Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het saam met die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DFFE) die heel eerste Omgewingsbestuursinspekteur (EMI)-dag op 20 November 2025 gevier.
Hierdie jaarlikse viering vorm deel van die DFFE se EMI-handelsmerkbevorderingstra- tegie, wat daarop gemik is om die publiek se bewustheid te versterk op die belangrike rol wat Omgewingsbestuursinspekteurs speel.
Die omgewingsbestuursinspekteurs, algemeen bekend as die Groen Skerpioene, speel ‘n be- langrike rol in die bestuur van Suid-Afrika se natuurlike en kulturele erfenis.

Read more …SANParke verskerp só publiek se bewustheid op die omgewing

GEMSBOK-UPINGTON: “Ek dink een van die lekkerste lekkers is om jou pakkie vanaf die uitgewers oop te maak. Dit bly lekker, al is dit nie die eerste keer nie.” sê Mêrie Scheepers, skrywer van Upington.
 ‘n Valk vir Soutbaai (Mêrie Scheepers) is ‘n splinternuwe roman wat aan die Weskus en deels op Stellenbosch afspeel. Die naam van een van die hoofkarakters is  Peregrine, Daar is ‘n soort valk wat ook ‘n peregrine genoem word. Vandaar die naam vir die boek.
Read more …Nog twee boeke vir Mêrie

GEMSBOK-UPINGTON: Elke jaar word Wêreld Prematuredag op 17 November deur meer as 60 lande wêreldwyd gevier. 
Hierdie dag fokus daarop om mense bewus te maak van die hoeveelheid babas wat wêreldwyd te vroeg gebore word, die uitdagings wat hierdie babas, hul ouers en gesinne moet oorkom, en wat gedoen kan word om premature geboortes te voorkom. 
Dr Harry Surtie Hospitaal se personeel neem reeds sedert 2011 aan hierdie inisiatief deel. 

Read more …Dr HSH vier weer Wêreld Prematuredag

GEMSBOK-UPINGTON: 25 lede van APD het verlede week op Leerkrans ‘n kruiekursus bygewoon wat aangebied is deur Barbara Lynn Roos, bekende kruiemeester. 
Barbara Lynn van Perfekte Kuur is tans besig om unieke kruie produkte vir APD te ontwikkel - spesiaal vir die behoeftes van persone met gestremdhede.  Alle navrae kan gerig word aan Elmarie by 087 086 2907 in kantoor ure.
Perfekte Kuur is ‘n besigheid wat natuurlike produkte ontwikkel en ook klasse aanbied oor hoe om met kruie te werk vanaf die plant tot die produkte op die rak.

Read more …APD-groep leer meer oor kruie