Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Martin Petrus, wie ons leer ken het as die man wat Paastyd die kruis tussen Keimoes en Upington gedra het, is verlede week as biskop ingeseën.

Pastoor Jacobus Martin Petrus is deur dr. H Cook ingeseën en toegewy as biskop tydens ‘n besondere erediens.
Aartsbiskop Malgas het die woord van God kragtig bevestig. Pastoor Mambagha en pastoor Dundee het biskop Petrus bemoedig met hul boodskappe.  
Broer Cicel het ook ‘n boodskap gebring en die gemeente in samesang gelei. 


Biskop Petrus sê die hele oggend was baie geseënd met die kragtige openingsgebed deur pastoor Rafisa, die danksegging deur suster Carol, sowel as alle predikante wat Bybelse belangstelling getoon het en al die mense wat in sy vreugde gedeel het.
“Ons gasheer pa-stoor John wat ons bygestaan ​​het. Ek het sy teenwoordigheid werklik waardeer,” het biskop Petrus afgesluit.