GEMSBOK-UPINGTON: Die sake-omgewing in Suid-Afrika verander voortdurend met die bekendstelling en implementering van nuwe wetgewing en wysiging van bestaande wetgewing. Sake-eienaars kan tereg onseker voel oor hierdie steeds veranderende nakomingsomgewing.
Om sake verder te kompliseer, skep hierdie nuwe generasie wetgewing ‘n integrale web van nakoming. Dit alles kom op ‘n tydstip wanneer besighede reeds baie uitdagings in die gesig staar.
Dit is hier waar SERR Synergy se omvattende dienste die nakomingskopseer vir beighede van enige aard, totaal en al genees.
Hierdie span kenners in hul gebied weet presies wat om te doen met al die vreesaanjaende afkortings soos B-BBEE, SETA, UIF, YES, OHS, PAIA en POPI en hoe om jou besigheid te ondersteun om volhoubaar te groei.
SERR Synergy het tans meer as 450 mense in diens en het ‘n nasionale voetspoor met kantore in Pretoria, Kaapstad, Durban, Johannesburg, Bloemfontein en Upington.
SERR Synergy Upington het juis onlangs na hulle nuwe kantore in die Upingtonse sakesentrum getrek, vir beter en meer gerieflike toeganklikheid vir hulle kliënte.
By SERR Synergy is die primêre doel om die volhoubare groei van besighede te ondersteun deur te verseker dat hulle beide strategies en wettig binne Suid-Afrika se unieke ekonomiese omgewing opereer.
Sedert hulle stigting in 2014 het hulle hulself geposisioneer as leiers in sake-regskonsultasie, en bied hulle ‘n geïntegreerde reeks voldoenings- oplossings.
Die span ervare professionele persone bied ‘n omvattende reeks gespesialiseerde konsultasie- en professionele dienste - wat ontwerp is om besighede te help om volle voldoening te bereik – wat verder strek as die B-BBEE Ko-des van Goeie Praktyk tot die breër wetlike en regulatoriese raamwerke wat noodsaaklik is vir verantwoordelike sakebedrywighede.
SERR Synergy bedien met trots beide plaaslike en multinasionale organisasies—van KMMO’s tot groot korporasies—oor diverse nywerhede.
Elke oplossing is op maat gemaak om in lyn te kom met Suid-Afrika se wetgewende vereistes, wat verseker dat besighede met vertroue kan groei terwyl voldoeningsrisiko’s verminder word.
Vir meer inligting oor hulle wetlike voldoeningsoplossings, besoek asseblief www.serr.co.za of kontak hulle Upington kantore op die eerste vloer van die Blaauws Ecke gebou by 7 Schröderstraat op Upington of skakel 054 010 1020 vir meer inligting.
SERR SYNERGY SERVICES
B-BBEE
LABOUR
OHS
CONSUMER&POPI ACT
YES PROGRAMME
CORPORATE GOVERNANCE
SKILLS & EMPLOYMENT EQUITY
ACCREDITED TRAINING
& LEARNERSHIPS









