Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

 GEMSBOK-UPINGTON: Nadat sy vir bykans ‘n hele jaar nie ‘n geluid kon hoor nie, het Julia Horne se lewe vir die tweede maal in een jaar onherroepelik verander, na ‘n sukesvolle en geskiedkundige kogleêre inplan- ting (gehoorinplanting) weer haar wêreld vol klank kom maak het, so op die vooraand van die feesgety.
Julia Horne van Paballelo se suksesvolle ‘gehoorinplanting’ is die eerste in sy soort in die hele Noord-Kaap.  
Julia het na afloop van siekte, skielik haar gehoor heeltemal verloor. 
So het sy haar gehoor in Januarie van jaar geheel en al verloor.


Kalahari Day Theatres se besoekende oor, neus en keelarts, dr Jaco Terblanche, het haar ondersoek en met behulp van al die nodige toetse  het dr Terblanche en sy span van Cape Hearing Inplants besluit dat ‘n kogleêre inplanting nodig gaan wees om Julia se gehoorverlies te ‘herstel’.
“Kogleêre  inplantings word gedoen vir mense wie erge gehoorverlies  het, dus meer as 70 dB of ‘n totaal dowe oor of beide ore.
Babas wat doof gebore word vir verskillende redes word so gehelp om bruikbare gehoor te hê en na hoofstroom skole  te gaan.
In volwassenes wat gehoor verloor nadat hulle  reeds kan praat, sal ons ook ‘n inplanting oorweeg, selfs as dit net een oor is - omdat dit duidelik  geword het dat mense beter funksioneer met twee horende  ore as een en kinders  in   die skool beter vaar as hulle twee horende ore het in plaas van net een het,” verduidelik dr Jaco Terblanche
Met behulp van die nuutste Otoarm en Otodrive Tegnologie het hierdie baie delikate operasie plaasgevind.
Hierdie tegnologie help die chirurg om die operasie met behulp van ‘n meganiese arm met meer akkuraatheid en beheer uit te voer.
Die kogleêre inplan- ting self bestaan uit ‘n buite  apparaat met ‘n mikrofoon, ‘n klank prosesseerder en ‘n oordrag  sisteem.
Die inplanting onder die vel-  en tot in die koglea  - bestaan uit ‘n ontvanger en stimulator wat dan elektriese impulse  via die elektrode reeks in die koglea direk na die gehoor senuwee oordra.   Die impulse word deur die brein aanvaar as klank.
“Chirurgie  gebeur onder algemene  narkose.  Daar word ‘n insnyding agter die oor gemaak.  Die mastoied holte  word oop geboor en dan vind ons toegang tot die koglea deur die ronde venster  wat in ‘die middel oor gelee is.  Die elektrode reeks word dan in die koglea ingeryg  en die wonde gesluit,” verduidelik dr Jaco Terblanche verder.
Na afloop van die operasie moes Julia en haar man nog ‘n rukkie wag voor hulle geweet het of die operasie ‘n sukses is.
Na ses weke se gewag, om seker te maak daar is geen infeksies nie en dat alles om die inplanting mooi gesond en geheg is, kon hulle eindelik Julia se ‘oor aanskakel’.
Sy beskryf dit as ‘n vreemde, oorweldigende en emosionele gevoel. “Klank wat jy hoor is nie die klank wat jy gewoond was nie, dit klink heel anders. Ek kan dit nie beskryf nie. Dit gaan my ‘n rukkie neem om aan die nuwe klanke gewoond te raak, maar ek is so dankbaar om weer te kan hoor. Dit was ‘n wonderwerk, wat deur Engele van God in doktersuitrustings uitgerig is,” vertel ‘n duidelik verligte Julia aan die Gemsbok.
Gawie Rossouw verduidelik bietjie meer oor die nuwe tegnologie wat gehelp het met die eerste suksesvolle gehoorinplanting in die Noord-Kaap.  MED-EL en CASCINATION AG kombineer kundigheid om chirurgiese sorg te bevorder. Hierdie stelsels, wat saam ontwikkel is deur die leier van gehoorinplantings, MED-EL, en die mediese ingenieursinnoveerder CASCINATION AG, is ontwerp om chirurge te ondersteun in die uitvoering van kogleêre inplantingschirurgie met verbeterde beheer en konsekwentheid – terwyl die menslike kundigheid in die hart van elke prosedure behoue bly.