GEMSBOK-UPINGTON: Minstens een persoon is dood nadat ‘n massiewe storm deur die Augrabies-omgewing in die Noord-Kaap getrek het.
Die polisie sê die man het probeer om skuiling teen die storm onder ‘n boom te vind, toe die boom ontwortel en op hom geval het.
Volgens Martha Clarke, kommunikasiebestuurder vir die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit het die storm wydverspreide skade aan huise en ander infrastruktuur aangerig.
Sy het gesê “op grond van die bevindinge van hierdie assesserings sal die Interdepartementele Reaksiespan ‘n omvattende herstelplan ontwikkel wat die behoeftes van die geaffekteerde gemeenskappe aanspreek”.
LUR Bentley Vass verantwoordelik vir die Departement van Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake (COGHSTA), in die Noord-Kaap, het intussen ‘n verslag ontvang oor die omvang van die donderstorms.
Krieke verpes inwoners
GEMSBOK-VIOOLSDRIFT: ‘n Kriekplaag het onlangs onder die inwoners van Rooiwal geklim.
Behalwe die gekloutery het hulle toe sommer van die inwoners gebyt. So byvoorbeeld, het hulle hulle glo een man so gebyt dat hy behandeling moes kry.
Gerhard van Wyk (47) het gewys dat sy gesig se regterkant vol knoppe was. Sy een oog was toegeswel en die knoppe was baie pynlik. Hy beweer dat dit die krieke was, wat hom beetgekry het. Hiervoor moes hy later by die Rooiwal-kliniek behandeling kry.
Inwoners het vertel dat die swart/pers krieke hulle oral tuisgemaak het. In hulle riet-, sink- en plankhuisies, asook klere, maar veral beddegoed. Dis veral wanneer hulle gaan lê dat die ywerige en voorbarige krieke op hulle lywe begin baljaar het.
Rooiwal is naby Vioolsdrift wat aan die suide van die Oranjerivier geleë is. Hier is die versengende hitte (± 40º C) en die krieke lewenslange kamerade.
Studente voltooi hul opleiding
Studente van Upington, Keimoes en Kakamas het onlangs diplomas ontvang vir ‘n “Home Based Care” kursus wat hulle deur middel van die Oasis Opleidingsentrum, voltooi het. Hierdie opleidingsentrum se hoofkantoor is in die Strand, wat deel is van die Helderberg-streek.
Oasis is al 10 jaar besig om kwaliteit opleiding in verskillende rigtings aan te bied. Tans is studente van Prieska besig met ‘n kursus.
Die studente op die foto is werksaam by die Gordonia Hospitaal, Oranehof Tehuis vir Bejaardes, asook Jean Marie en Maritz tehuise vir bejaardes op Upington. Voor links saam met die studente staan Jacqueline Saaiman van Oasis Opleidingsentrum.
VAN NÊRENS NA ÊRENS - 'n outobiografie met hart en siel
Hierdie is een outobiografie wat deur 'n besonderse skryfstyl beslis uitblink. Dit nie jou gewone vertellings nie, maar 'n aangrypende verhaal wat so eg Suid-Afrikaans is.
Kabous, Kiewiet, Lydia – sy is een en dieselfde mens, maar nie altyd nie ... Haar verhaal begin in die Upington-distrik, gebore op ʼn plaas as die oudste kind. Haar ouers was trekboere wat skaap aangejaag het van staning tot uitspanplek, van weiding tot weiveld – altyd maar waar daar water is. Hoewel hulle bestaan moeilik was en van God se genadehand afhanklik, is die gesin relatief gelukkig en haar en Boetie se verhouding met Gert, hul aangenome Khoi-San broer, is kosbaar.
DKM se nuwe algemene waardasierol in die pyplyn
GEMSBOK-UPINGTON: In die lig van die huidige Dawid Kruiper Plaaslike Munisipale Waardasierol wat op 30 Junie 2025 verval, is ‘n waardasie maatskappy aangestel om ‘n rol saam te stel.
Die Wet vereis dat ‘n plaaslike munisipaliteit minstens een keer elke vyf finansiële jaar ‘n nuwe algemene waardasierol saamstel.
In ‘n onlangse persverklaring sê DKM “Die nuwe Algemene Waardasierol sal binnekort in die media geadverteer word om die publiek in kennis stel dat die rol vir inspeksie beskikbaar is. Dit sal by alle munisipale kantore toeganklik wees en sal ook op die munisipaliteit se webwerf beskikbaar wees.”
Enige individu kan - binne die gespesifiseerde tydperk - ‘n beswaar oor enige aangeleentheid wat in of weggelaat is uit die rol, by die munisipale bestuurder aanteken.
Eskom-waarskuwing vir huiseienaars met sonkrag
GEMSBOK-UPINGTON: Ten spyte van die positiewe aspekte van Suid-Afrika se alternatiewe energie-oplewing vir huishoudings en Eskom se gespanne infrastruktuur, word diegene wat sonkragstelsels geïnstalleer het steeds deur die kragvoorsiener gestraf.
Luidens ‘n MyBroadband-verslag het Eskom Suid-Afrikaanse huiseienaars, met son-kragstelsels op die dak, gewaarsku dat alle roostergebonde son-kragopstellings - wat nie by die nutsdiens geregistreer is nie, nou as “onwettig” beskou word.
Dit geld selfs vir stelsels wat nie elektrisiteit na die netwerk terugstuur nie.
Baie mense het hulle tot sonkrag gewend om hul elektrisiteits-rekeninge te verlaag en hul afhanklikheid van Eskom te verminder, maar hierdie nuwe standpunt het frustrasie en verwarring veroorsaak. Eskom beywer hom terselfdertyd vir groot tariefverhogings, wat elektrisiteitskoste vir sommige gebruikers met soveel as 321% kan verhoog.
Besoek aan die Wingerd- akademie en modelplaas
GEMSBOK-KAKAMAS: LUR Abraham Vosloo het verlede week met die Bestuur van die Vine Academy en Model Farm in Kakamas vergader.
Die LUR is vergesel deur die burgemeester en raad van Kai !Garib Munisipaliteit, asook die skoolbestuur van die Hoërskool Martin Oosthuizen.
Die doel van die besoek was om potensiële areas van samewerking op die gebied van onderwys en volhoubare landbou-ontwikkeling te bespreek.
Die Vine Academy is ‘n progressiewe opvoedkundige instelling wat daaraan toegewy is, om jong verstand te koester en hulle vir die toekoms voor te berei.
Groot planne vir die Upington Landbou Expo 29 - 31 Mei
GEMSBOK-UPINGTON: Die Expo-bestuur, onder leiding van die nuwe president, Henco Burger, is al volstoom aan die gang om vanjaar se Landbou Expo te beplan wat vanaf 29 tot 31 Mei aangebied word.
Heelwat nuwe planne is op die tafel om ‘n skou vir almal te beplan. 2025 se skoukomitee sien uit na hierdie uitdaging. Die terreinbestuur-der en sy span is ook besig op die terrein met opknappingswerk.
Die hoofverhoog gaan effens skuif om plek te maak vir ‘n tydelike perdebaan, OWK Kuiertent en ander uitstallers.
NK moet groeibelemmering in kinders aanspreek
GEMSBOK-UPINGTON: Rolspelers het onlangs gevra dat die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, dringend ‘n opname te laat doen - oor kinders se groei belemmering (verdwerging), waaraan 216 000 Noord-Kaapse kinders kan ly.
Hierdie opname en studie is dringend nodig om die unieke onderliggende drywers van ‘verdwerging’ in die provinsie te identifiseer, insluitend faktore soos voedselonsekerheid, onvoldoende sanitasie en leemtes in moeder- en kindergesondheidsdienste. Voordat die presiese oorsake bekend is, kan die provinsie dit nie behoorlik aanspreek nie.
Daar word geglo dat vir die 216 000 Noord-Kaapse kinders van hul volle fisiese groeipotensiaal en hul geestelike ontwikkeling “uitgehonger word” ‘n ernstige onreg is.
Volgens die 2016 Suid-Afrikaanse Demografiese en Gesondheidsopname word 135 van elke kind in Suid-Afrika - wat aan ernstige akute wanvoeding (SAM) ly, deur verdwerging geraak.
16 nuwe provinsiale verkeersinspekteurs in die Noord-Kaap
GEMSBOK-UPINGTON: Die LUR vir COGHSTA en Vervoer, Veiligheid en Skakeling, in die Noord-Kaap, mnr. Bentley Vass, het verlede week altesaam 16 nuwe provinsiale verkeersinspekteurs, wie aangestel is om padverkeerswetstoepassing in die Noord-Kaap te versterk, verwelkom.
Dit het gevolg op ‘n besluit deur die provinsiale regering om ‘n totaal van 50 verkeersleerlinge in 2024 te werf.
Hierdie leerlinge is by die Matjhabeng Verkeersopleidingsakademie in Welkom, Vrystaat, ingeskryf om opgelei, gradueer en slaag- uit vir die Sertifikaat in Padverkeerswetstoepassing (NKR Vlak 4).
LUR Bentley Vass, LUR, Bentley Vass, het die verwelkomingseremonie in Kimberley toegespreek en die nuwe groep provinsiale verkeers-inspekteurs gelukgewens wat die kwalifikasie, wat ‘n totaal van twintig eenheidstandaarde behels het, suksesvol voltooi het en hulle aangemoedig om hard te werk en voorbeeldige professionele persone te wees.
He beats the Odds: Gerchand Cloete’s inspirational journey
GEMSBOK-UPINGTON: Gerchand Cloete, a determined and resilient individual from Upington, has achieved what many deemed impossible. Despite facing numerous challenges and breaking a generational curse in his family, Gerchand has earned his degree in TVET Teaching as a lecturer from Stadio University's School of Education.
This remarkable feat comes on the heels of his previous achievement, graduating with a Business Management Diploma in 2023. Gerchand's perseverance and unwavering dedication to his goals serve as a shining example to his community and beyond.
However, Gerchand's journey to success was not without its obstacles. Despite his hard work and determination, he now faces a new challenge: attending his second graduation ceremony in Gauteng. The costs associated with transportation, accommodation, and other expenses have created a significant barrier for Gerchand.
Oud-Upingtonner se boek nou op RSG
GEMSBOK-UPINGTON: Die digter en bekroonde jeugverhaalskrywer, Betsie van Niekerk, se nuutste roman, ...so ook op die aarde, word vanaf Donderdag, 16 Januarie om kwart voor elf op RSG se oggendprogram voorgelees.
Betsie het vir 34 jaar op Upington gewoon waar sy skoolgehou het by Hoërskool Duineveld. Sy woon tans in Malmesbury.
Die Noord-Kapenaar, bekende akteur en storieverteller, Johny Klein en Lizelle Pike is die voorlesers.
Luisteraars kan daarna uitsien om in hierdie toeganklike en aangrypende storie die hart van die Kalahari en sy mense raak te hoor - sy veldplante, sy unieke taalgebruik en onvergeetlike karakters.