Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Op Mandeladag het Oasis Vaardigheidsentrum besoek ontvang van Land Bank en het gespog met hul verskillende betonblokke en gevestigde groentetuin.
Oasis het ook saam met Land Bank en Lesakatech warmte en waardigheid na 12 sopkombuise regoor Karos, Keimoes en Upington gebring. Saam het hierdie kombuise byna 2000 gemeenskapslede bedien.


‘n Eenvoudige koppie sop en brood het hande bereik wat saak maak, danksy die merkwaardige gemeenskapsleiers wat onvermoeid hulle s’n bedien, het Irvin Eksteen, sentrumbestuurder gesê. 
“Vandag is ‘n dag van welwillendheid. Ons moet die hande agter die missie eer. Vandag was ‘n herinnering dat verandering nie alleen gebeur nie, dit word baksteen vir baksteen gebou, hand aan hand
Mnr. Eksteen sê danksy die ruim kosmandjies van die BVI-span en Lesatsi Finance, en hul hart-like teenwoordigheid deur die dag, het hierdie viering iets besonders geword. Hulle het nie net gegee nie, hulle het hande gevat, gelag en die lewendige optredes van ons Oasis-leerders geniet.