GEMSBOK-ANDRIESVALE: Die afgelope agt maande was Palms for Life Fund besig met baie projekte in die Kalahari, meer spesifiek in die Khoisan-gemeenskap van Andriesvale.
Na die installering van onder meer twee sonkrag-boorgatpompe asook 120 eko-toilette vir elke huis, is die mees onlangse projek ‘n sonkragstelsel wat in die Andriesvale-gemeenskapsaal geïnstalleer is.
Dit sal die gemeenskap se enigste toegang tot elektrisiteit wees.
Hierdie stelsel is voldoende om krag aan die saal se kombuis te verskaf om te verseker dat die sopkombuis sy bestaande stowe kan gebruik.
Die kragtoevoer dryf ook die saal se ligte aan, wat dit moontlik maak dat funksies of vergaderings in die aand gehou kan word.
Nog ‘n voordeel wat by die stelsel geïnstalleer is, is toegang tot beperkte internet - dit gee jongmense die geleentheid om aanlyn kursusse te voltooi en sodoende hulself te bemagtig.
Janneke maak haar merk as fotogafiese model
Janneke Engels het in 2023 vir die Supermodel SA kompetisie ingeskryf en daar werklik haar merk gemaak as Fotografiese model. Sy is deur Karen Grey van Eden Modelagentskap raakgesien en so is sy uitgenooi na Talent America wat onlangs plaasgevind het.
Janneke se uitslae is as volg:
Modelling Casual 1st Place & Formal 1st Place
Female Print: Catalogue 1st Place & Fitness 1st Place
Model Division winner 18 - 24
Sy het ook twee "call backs' van twee verskillende "scouts" gekry wat haar loopbaan wil volg en sy moet hulle op hoogte hou. Verder skryf sy in vir die PPMC tydskrif se BLOU uitgawe sowel as The Face of Unplugged Magazine. Sy wen beide kompetisies! Sy het reeds op die voorblad van die PPMC blou uitgawe verskyn en was onlangs in Johannesburg vir n groot bederf naweek van Unplugged en om die nodige foto’s te neem. Sy sien uit om ook daardie voorblad te sien. Baie geluk met die groot prestasies.
MISA Vrou van die Jaar finalis
GEMSBOK-UPINGTON: Vanjaar is een van Upington Toyota se top diensadviseurs, Candice de Beer, aangewys as ‘n MISA-finalis in die Noord-Kaap/Vrystaat distrik.
Om genomineer te word vir die toekenning is reeds ‘n groot prestasie en om ‘n finalis te wees is ‘n voorreg. MISA Woman Of The Year (MWOTY) word toegeken aan ‘n vrou wat lewens en harte daagliks raak.
MISA se Vrou van die jaar-toekenning is 'n erkenning van vroue se veerkragtigheid, volharding, lewensdoelwitte en prestasies in die lig van teëspoed.
Die MISA Vroueforum is in 2009 deur Martlé Keyter gestig om lig te skyn op kwessies rakende geslagsgelykheid. MISA belê in vroue se vaardighede en kennis en bevorder lewenslange leer.
Daarbenewens is MISA en die Vroueforum sterk voorstanders teen geslagsgebaseerde geweld (GBV). Elkeen van die finaliste is aangewys op die unieke manier hoe hulle, in die werksituasie asook in die gemeenskap, hoop gebring het.
Polisieman gaan uit sy pad om gestremde man in nood te help
GEMSBOK-NAKOP: Kolonel Eugene van Kratenberg, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se be-velvoerder by die Nakop-grenspos tussen Namibië (Ariamsvlei) en Suid-Afrika (N10 van Upington), het onlangs die krag van liefdadigheid en deernis gedemonstreer, toe hy meer as net sy plig gedoen het om ‘n gestremde man in nood te help.
Volgens ‘n Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sers Omphile Masegela, het Van Kratenberg uitgevind van die gestremde bejaarde man, wat in ‘n sinkhuisie in die Morning Glory-area woon.
Die man se gebrek aan beweeglikheid het hom hulpeloos gelaat, beperk tot sy beskeie woning.
Die situasie het Van Kratenberg diep geraak en hy het besluit om tot aksie oor te gaan.
Brandvlei hou rekord 9de Jagnaweek
GEMSBOK-BRANDVLEI: Dit is winter, dit is jagtyd maar in die Noord-Kaap is dit ook kuiertyd vir familie en vriende. Brandvlei Landbouvereniging se unieke Jagnaweek het hierdie jaar plaasgevind op 14 en 15 Junie.
Hierdie Jagnaweek, met sy ontstaan as ’n bymekaarkom vir vriende en familie, het oor die jare veran-der in ’n volwaardige fondsinsamelingsge-leentheid vir die gemeenskap – Brandvlei se eie fees! Ons behou egter ten alle koste die saamkuier van vriende en familie komponent en vanjaar was weer geen uitsondering nie.
Verrigtinge het Vrydag 14 Junie, ’n lieflike warm wintersdag, afgeskop met die jag van springbokke op verskillende plase. Sodoende kon daar Saterdag weer lekker jagstories uitgeruil word. Die beste bokke is Saterdagmiddag by die Kerksaal ingeskryf. Hierdie jaar was daar pryse vir die beste ooi- en die beste ram bok. Alwyn Muller van Loeriesfontein het die beste ram bok en Annuscha van der Merwe van Gansbaai die beste ooi bok ingeskryf.
Upington ATKV-takke by Buffelspoort vereer
Tydens die ATKV Kultuurkuier by Buffelspoort onlangs, het Upington se takke weer eens met toekennings weggestap. daar was meer as 300 lede teenwoordig van regoor die land en Namibië. Die Noord-Kaap streek is ook goed verteenwoordig by die kongres met takke van Hoërskool Duineveld, Springbok, Port Nolloth, Groblershoop, Askham en Friërsdale.
Anschen van Blerk, voorsitter van die Rooiduin-tak en Liesel Giliomee van Kultuurdiere-tak (Hoërskool Upington) het albei toekennings ontvang.
Anschen van Blerk, voorsitter van die Rooiduin-tak, ontvang ‘n toekenning vir die Beertjieprojek 2023 wat hulle in samewerking doen met Saret Boshoff. ‘n Groot woord van dank aan Liewe Heksie Speelskool vir hul GROOT bydrae aan hierdie projek. Hierdie projek is nog steeds aan die gang en indien iemand belang stel om betrokke te raak, kan hul gerus met ons skakel. Indien enige iemand oorskiet wol of breipenne wil skenk, kan u ook met ons skakel op WhatsApp nr 082 430 9498.
Me Liesel Giliomee van Kultuurdiere-tak (Hoërskool Upington) het die toekenning ontvang vir die tak met ‘n baie hoë vlak van funksionaliteit in 2023.
Beauty for Ashes GBV-bewusmakingsveldtog
GEMSBOK-UPINGTON: Die CRC Kerk het vanjaar die Beauty for Ashes GBV-bewusmakingsveldtog nasionaal van stapel gestuur - met die doel om bewusmaking, kennis, hoop en genesing aan vroue en kinders in ons gemeenskappe te bring.
As deel van hierdie projek het hulle onderneem om verskeie Slagoffervriendelike Kamers by Polisiestasies regoor die land op te knap en te verbeter.
Met die afsluiting van Nelson Mandela-maand en die aanbreek van vrouemaand, kon hierdie projek nie op ‘n beter tyd van stapel gestuur word nie.
Augrabies Waterval vier Mandelamaand op Lutzburg
Augrabies Waterval Nasionale Park het verlede week Mandelamaand saam met bejaardes en persone met gestremdhede van Lutzburg by Kakamas, gevier.
Christine du Plessis SET (Social Economic Transformation) bestuurder, wat die program saamgestel het, by raadslid Aaron Johnson van Kai !Garib, Genevieve Maasdorp, streeks kommunikasie bestuurder van die Ariëde Parke en Angela Isaks, parkhoof van die Augrabies Waterval Nasionale Park het almal 'n rol gespeel om van die dag 'n groot sukses te maak.
‘n Groot groep bejaardes het die Mandeladag vieringe by Lutzburg se gemeen-skapsaal bygewoon. Die parkhoof van die Augrabies Waterval Nasionale Park, Angela Isaks, het ‘n paar geskenke aan bejaardes oorhandig. Die BSP (Biodiversity Social Project)-span het pragtige liedere gesing. Die veldwagters van Augrabies Waterval Nasionale Park het ‘n demonstrasie dril gedoen waarna Mario Steenkamp die gehoor
ingelig het oor die doel van veldwagters. Die gaste het ook pragtig saamgesing en meegedoen aan die program wat aangebied is.
Die oggend is afgesluit met heerlike sop en roosterkoek wat deur die BSP-span uitgedeel is.
Kakamas personeel neem deel aan Mandeladag
GEMSBOK-KAKAMAS: Kakamas personeel het weer vanjaar Mandeladag ondersteun.
Die personeel het geld bymekaar gemaak om sop vir die pasiënte te maak en dit uit te deel. Daar is ‘n kort toespraak gehou om pasiënte in te lig oor die doel van die dag. Daarna het die pasiënte ʼn lekker koppie warm sop ontvang. Die glimlagte van dankbaarheid het elke personeellid se harte warm gemaak.
Daarna is daar ook komberse aan pasiënte uitgedeel wat op daardie stadium in Kakamas Hospitaal gelê het. In hierdie koue winter tyd waarin ons gemeenskap hulself be-vind, het elke kombers weer vir die pasiënte moed gegee om by hulle huis weer die koue aan te durf. Elkeen was baie dankbaar oor hierdie groot geskenk.
Die aanvullende gesondheidspan het na Kokerboom Oord gegaan. Vir opwarming moes almal, terwyl hulle sit, die instruksies volg van die liedjie “head, shoulders, knees and toes”. Toe is daar aktiwiteite in groepe aangebied waaraan die bejaardes deelgeneem het.
SAPD en SANW ploeg terug op Mandeladag
GEMSBOK-KLEINZEE: Die Operasie Vala Umgodi multidissiplinêre span in die Noord-Kaap het Mandeladag gevier met ‘n verbintenis om armoede en ongelykheid te bekamp.
Onder die tema “Dis nog in ons hande” het lede van die SAPD en die SANW saamgekom vir ‘n dag van gemeenskapsdiens.
Lede van die SA Polisiediens (SAPD) en SA Nasionale Weermag (SANW) wat bestaan uit die span wat gekies is om die dag by die Kleinzee Skool vir Kinders met Spesiale Behoeftes en die Kleinzee Crèche te vier.
Die span in Kleinzee, onder leiding van luitenant-kolonel Gert Nel (SAPD) en luitenant Maddock (SANW), het ook ‘n beduidende impak op die plaaslike gemeenskap gemaak.
LUR belowe toegang tot hulpbronne, befondsing vir NK-boere
GEMSBOK-UPINGTON: Mase Manopole is terug as LUR vir Landbou in die Noord-Kaap.
Hierdie keer beplan sy om te fokus op klimaatsveerkragtigheid, vroue- en jeugbemagtiging, en die verbetering van toegang tot hulpbronne vir boere.
Mase Manopole is onlangs heraangestel as die LUR vir die Noord-Kaap se departement van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming. Manopole het haar toewyding verseker om ‘n tasbare verskil in boere se lewens in die provinsie te maak. Manopole het gesê sy beplan dat die Noord-Kaap sal lei in werkskepping en landbou-uitnemendheid soos voorheen.
Sy het die belangrikheid van samewerking met belanghebbendes in die sektor beklemtoon.
“Ons planne behels die voldoening aan die uiteenlopende behoeftes van beide klein- en grootskaalse boere, aangesien dit noodsaaklik is vir volhoubare groei van ons landbousektor.
Amper Mahala Winkel - Hier kry jy van God se liefde saam met jou inkopies
GEMSBOK-UPINGTON: By die NG Kerk Oos se Amper Mahala Winkel, doen jy nie net inkopies, vir “amper mahala” nie, jy beleef ook God se liefde daar.
Verlede jaar, gedurende Mei/Junie, het die kerk se koster, Delene Moller, met die winkel begin. Sy was voorheen by die NG Kerk Keimoes en daar is so ‘n winkel, toe het sy gedink dit kan hier op Upington ook goed werk.
Delene sê van die begin af het sy baie goeie ondersteuning gekry. “Ons is werklik geseënd,” het sy gesê. “Mense van oral het betrokke geraak. Vriende, kennis en gemeentelede het mildelik bygedra. Hier is kamers vol klere - vir mans, dames en kinders, ook snuisterye en linne.”
Dr Hennie Pistorius, leraar by die gemeente, sê die winkel is gefokus op die invordering van kwaliteit tweedehandse produkte, klere en ander toebehore. Die herverkoop van dié produkte word beskikbaar gestel teen uitstekende pryse tot lidmate en die breër gemeenskap.