Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Interessante program is vanjaar opgestel vir die Jeugskou wat jaarliks tydens die Upington Expo gehou word.
Die Jeugskou is oor al drie dae van die skou aangebied.
Die Jeugskou sluit die volgende afdelings in:
Vleisskaap, Vleisbok, Melkbok, Veselbok, Perde, Kulinêre Kunste, Afslaers en Fotografie.
 Kinders sal kan deelneem aan: 
29 Mei: Jeugskou Demonstrasie & Teorie eksamen.
30 Mei: Junior-Junior en Junior skouman.
31 Mei: Senior was en skouman, Afslaers en Kulinêre kunste (jnr & snr).

Die inskrywingsfooi per leerder beloop R100. Vir meer inligting kan die volgende persone geskakel word: Bennie Nortjé - 082 944 7086, Helena Nortje - 083 462 7296, Lara Visser (HS Upington) - 081 512 7886 of Jacolene Crafford (HMO) - 084 799 8032.


-

GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington Landbou Expo, wat van 29 tot 31 Mei, aangebied word, gaan beslis die jaar sy naam gestand doen.
‘n Groot verskeidenheid diere en diereprodukte sal geskou en uitgestal word en verskillende inligtingsdae word aangebied.
Die bestuur van die Upington Landbou Expo is baie opgewonde om aan te kondig dat daar twee kampioenskappe gehou gaan word, naamlik die Dorper en Witdorper Streekskampioenskappe, asook die Arabierperd Kampioenskappe, wat deur die NK Arabierperdeklub aangebied word.
Dit sal die eerste keer in jare wees wat die perdeskou weer in die hoofarena gehou gaan word. 
Dit is ‘n 3-daagse skou waar perde op halter, ryklasse en dan Saterdag, die kampioene gekroon gaan word. Skougangers sal hierdie spogperde  in die hoofarena baie geniet. 

Read more …Diere by die Upington Landbou Expo

GEMSBOK-VREDENDAL: Die nuwe Red Ox Restaurant en konferensie sentrum het vroeg in Maart hul deure vir die publiek oopgemaak nadat die perseel heeltemal herbou en verander is.
Hier het die eienaar, mnr. Jean Lambrechts van NC Foumous Lodges-faam, homself weer oortref met die smaaklike dekor en ongelooflike uitsig oor die wingerde van die streek met die Matzikama-berge op die agtergrond.
Draai gerus van die N7 af en kom besoek die besondere plek.

Read more …Red Ox & die Keldery op Vredendal neem jou op ‘n kulinêre ervaring

Opebrief aan die Dawid Kruiper Munisipaliteit
Ons Dorp se munisipale leiers praat gereeld hoe hulle ons infrastrukture, soos die paaie, gaan verbeter en vooruitgang sal bring aan ons inwoners. 
Dit klink goed as ‘n mens dié goed hoor, maar later sien jy nie die beloftes wat realiseer nie. 
Ek wil graag hul aandag vestig op ons midde-dorp se strate wat volgens my mening die swakste in die Noord-Kaapprovinsie is. 
Ek het al wyd en syd in ons land gereis in dorpe en stede waarvan die strate en paaie beter is as ons eie.  Upington se strate toon ‘n agteruitgang die afgelope 10 jaar wat vir die motoris ‘n “nagmerrie” geword het. 

Read more …Weerspieël Upington se paaie vooruitgang of ondergang?

GEMSBOK-UPINGTON: Raisins SA/FNB Landboupraatjie vind vanjaar by die Karakoelsaal plaas gedurende die Upington Landbou Expo.
Die tema vir die dag is: Growing More, Growing Smarter
Unlocking Profitability, Innovation and Global Markets for #raisins.
Raisins SA bespreek die geprojekteerde 50%-groei van die rosyntjiebedryf oor die volgende vyf jaar. Om produksie van 100 000 ton tot 150 000 ton te verhoog, is samewerking noodsaaklik op elke vlak, van die plaas tot die verpakker, om verskeie uitdagings aan te spreek.

Read more …Raisins SA/FNB Landboupraatjie by Expo

GEMSOK-UPINGTON: Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, mnr. Gayton McKenzie, het verlede week ‘n spesiale viering - ter ere van Ouma Katrina Essau  by die Upington Inn gelei.
Ouma Katrina word wyd erken as ‘n Lewende Menslike Skat en ‘n geëerde figuur in die bewaring van die N|uu-taal en Khoi-San kulturele erfenis.
Die N|uu-taal, wat deur die Verenigde Nasies as krities bedreig geklassifiseer is, is in 1973 amptelik as uitgesterf verklaar na die sistematiese marginalisering van inheemse tale onder apartheid en die afgedwonge oorheersing van Afrikaans in die openbare en ekonomiese lewe. 

Read more …Minister vereer Ouma Katrina

GEMSBOK-KAKAMAS: Na maande se aanmanings, skrywes en berigte, het Werner Strauss, koördineerder van AfriForum in die gebied, verlede week geen verdere keuse meer gehad, as om ‘n kriminele klagte teen die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit by die Groen Skerpioene te gaan lê nie.
Sedert Februarie vanjaar pleit die burgerregte organisasies al by die munisipaliteit om  die water en die rioolprobleme in Kakamas, Kenhardt en Keimoes, wat al minstens vyf jaar duur, te takel. 

Read more …AfriForum verkla Kai !Garib by Groen Skerpioene

Studente wat tans die beroepsgerigte sertifikaat in gemeenskapsveiligheid by NCR TVET College se Upington kampus studeer, het laasweek die voorreg gehad om die Upington Magistraathof se werksaamhede eerstehands te gaan observeer. Deel van hul kursus behels vakke wat die Inleiding tot Regte en Wette insluit. Hulle kon hofverrigtinge bywoon om sodoende die verskillende rolspelers van ‘n hof asook hofprosedures in praktyk, te sien.   Die NCR TVET studente is almal vlak 2 en vlak 3 studente. Hulle was vergesel deur hul twee dosente wat  beroepsgerigte vakke op die Kampus aanbied. Links is Nokubongwa Nkambule en Amorine Strydom

 

GEMSBOK-KATHU: AfriForum se Kathu-tak het onlangs twee noodwaterpunte in Olifantshoek opgerig om dié gemeenskap te help wanneer wateronderbrekings tref. 
Albei noodwaterpunte is in Lukinstraat geleë.
Daar is ernstige watertoevoerprobleme op Olifantshoek, wat veroorsaak dat inwoners gereeld langdurige wateronderbrekings moet verduur. 
Ingevolge artikel 27(1)(b) van die Suid-Afrikaanse Grondwet is toegang tot veilige drinkwater ’n basiese mensereg. 
Hierdie reg word verder deur die Waterdienste Wet 108 van 1997 ondersteun.

Read more …Kathu-tak rig twee nuwe noodwater-punte op om Olifantshoek te help

UPINGTON: Die Noord-Kaap Vigs Forum (NKVF) is byna 30 jaar gelede onder leiding van wyle Babst Karsten gestig toe die vigspandemie op sy ergste was. Sedertdien is die organisasie deur verskillende bestuur en uitvoerende hoofde gelei. 
Die bekendste onder hulle is Jeff van der Merwe, 'n gewese direkteur van onderwys, wat tot 'n groot mate die fondament van die organisasie gelê het. 
Ds. Johannes Moroeroe was ook vir etlike jare die voorsitter. Mnr. Rudolph Saal, 'n voormalige skoolhoof en tans 'n DA-raadslid van   Upington, was ook vir 'n hele aantal jare die voorsitter en tesourier onder ds. Moroeroe. 
In 2022 het Saal aangebied om as voorsitter te dien toe daar nie een gevind kon word nie.

Read more …NK Vigs Forum dien gemeenskap al 30 jaar

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Nuwe spesie van Dwerggeitjies (Goggia: Gekkonidae) is deur ‘n span van vier navorsers in die Noord-Kaap ontdek. 
Suid-Afrika se nuutste reptiel is die Gravel Pygmy Gecko (Goggia sabula sp. nov.), wat die eerste keer in Desember 2020 deur Courtney Hundermark opgemerk is - terwyl hy na reptiele aan die voet van ‘n rotsagtige koppie gesoek het. 
Destyds het hy dit erken as ‘n lid van die genus Goggia (dwergblaar-geitjies), maar het opgemerk dat dit niks soos die enigste bekende spesie uit daardie gebied lyk nie.

Read more …Nuwe spesie dwerggeitjie in die Noord-Kaap ontdek