Skougangers vanuit die Hantam, Karoo en selfs die Namakwaland het verlede naweek, saam met welkome reën, na Williston gestroom om te deel in die jaarlikse Williston Landbouskou. Daar het kleinvee boere, saalperdruiters ens, bymekaar gekom om met hulle prag diere te spog. Volg ons ook op Facebook vir ‘n album vol perde, kleinvee en regte Hantamse pret!
Nuwe kleurvolle baadjie vir Koenstraatpark in die Rand
GEMSBOK-UPINGTON: Die Koenstraatpark in die Rand-woonbuurt in Upington het die afgelope week, met die hulp van AfriForum se Upington-tak, ’n nuwe baadjie aangetrek.
Alle klimrame sowel as ’n kragboks en stoor-kamertjie op die terrein is nou in helder kleure verf getooi en maak van dié park weer ’n veiliger en welkome speelplek vir die buurt se kinders.
Volgens Werner Strauss, AfriForum se dis-trikskoördineerder vir die Noord-Kaap, is dié park se speelapparate jare laas opgeknap.
In die tydsame opknappingsproses is die klimrame afgeskuur, waar nodig herstel en oorgeverf, terwyl die graffiti wat die park se kragboks en stoorkamer ontsier het ook nou spog met ’n vars laag verf.
Opwindende ontwikkeling vir Namakwa-distrik
GEMSBOK-SPRINGBOK: Vedanta Zinc International (VZI) het, volgens die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid, aansienlike vordering gemaak met die bou van ‘n nuwe Onkologie Sentrum by Dr. Izak Niekerk Hospitaal in Springbok.
Hierdie moderne fasiliteit sal noodsaaklike palliatiewe sorg en chemoterapiedienste vir kankerpasiënte in die Namakwa-distrik verskaf.
In 2022 het VZI ‘n vennootskap met die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid by die Mynbou-Indaba aangegaan om die vestiging van hierdie broodnodige Onkologie-behandelingsfasiliteit te verseker.
Hierdie projek, ter waarde van R21 miljoen, is ‘n bewys van VZI se verbintenis tot die opheffing van gemeenskappe en die lewering van dienste wat tans nie in Nama-kwaland beskikbaar is nie.
Onlangs is ‘n opvolgvergadering gehou om die uitvoering van die projek in lyn te bring.
Hierdie hoëvlak-betrokkenheid is gelei deur LUR van Gesondheid, mnr. Maruping Lekwene, saam met senior bestuur van die Provinsiale Kantoor, Distriksgesondheidsdepartement en VZI.
Die onkologiesentrum, wat 355 vierkante meter strek, sal na verwagting teen Desember 2025 voltooi wees.
Die omvang van die werk vir hierdie projek sluit ontwerp, ingenieurswese, vervaardiging, verpakking, verskaffing, vervoer, installasie, kalibrering en toetsing van die geïnstalleerde werke in.
Luffa het entrepreneur se passie geword
GEMSBOK-UPINGTON: “Vier plantjies en ‘n paar Luffa pitte van ‘n vriendin het vir my ‘n passie geword en Luffa Lief het so ontstaan.”
Só gesels Maria van der Wath wat die afgelope jaar die gesondheidsreeks, Luffa Lief, op die mark gebring het.
‘ n Luffa is die natuur se eie gesonde “exfoliator” en pamperlang jou vel en bevorder bloedsirkulasie.
Maria skryf verder:
“Ek kry gereeld die vraag, “wat is n Luffa?”
Dit is n sponsagtige plantaardige produk wat hard is as dit droog is, maar word sag as dit natgemaak word.
Dit kan vir letterlik alles gebruik word, gesigs “crub”, lyfsorg - enige oppervlak op jou vel kan daarmee skoon gemaak word.
Uniek aan Luffa Lief is dat dit trots Upington produk is – word 25 km buite Upington gekweek, ek oes en verwerk dit self.
Luffa Lief het verskeie produkte, onder andere n gesigscrub met suiwer gliserien seep en dan Luffa sepies, gegeur en gekleur soos na smaak.
Die Here het ‘n plan beraam - Só glo pastoor Ben
GEMSBOK-UPINGTON: Pastoor Hendrik Ben is eerste ‘n musikant en dan ‘n pastoor. Hy maak al van sy agste jaar af musiek. Hy het by ‘n tannie wat naby hulle gewoon het, leer musiek maak.
Hy is ‘n meester trekklavierspeler wat in die hele Noord-Kaap musiek maak. Sy musiek en sang het hom al na Amerika en Israel geneem waar hy saam met ander kerkgroepe opgetree het.
Hy is ‘n pastoor by die Fountain of Life gemeente onder pastoor Johan Strauss en André Phete. Pastoor Ben is ‘n bedrewe musikant wat ook “keyboard”, saxefoon en bietjie mondfluitjie speel. Hy is as kind Kaap toe waar hy by “grootmaak ouers” gewoon het. Daar het hy sy musiek verder geneem.
Neels de Waal bring Openbaring na almal
GEMSBOK-GROBLERSHOOP: Plaaslike skrywer, evangelis en sendeling, Neels de Waal, se nuutste pennevrug - Openbaring vir almal - is onlangs by die Slypsteen Gastehuis bekend gestel.
Neels het gesê dat hy voorheen al ‘n bybelstudie oor Openbaring geskryf het, wat hom twee jaar geneem het.
Hulle Bybelstudie groep wou graag
Openbaring deurwerk, maar hy was maar skrikkerig daarvoor - want Openbaring is maar moeilik. In die tyd gebeur dit dat hy by Keimoes in ‘n apteek instap en daar sien hy Jan du Rand se boek oor Openbaring.
Nuut by Becker & More Prokureurs
GEMSBOK-UPINGTON: Martin Terblanche en Nicolè Monique Vos het hulle onlangs aangesluit by Becker & More Prokureurs op Upington.
Hierdie twee regsgeleerdes bring elkeen spesifieke regsareas na die praktyk.
Nicolè sal onder andere verantwoordelik wees vir die registrasie van die oordrag van eiendomme vanuit boedels, die registrasie van verbande oor eiendomme, die kansellasie van verbande oor eiendomme en ook ander eiendomstransaksies.
Nicolè Vos is ‘n boorling van Upington en die enigste dogter van mev. Charmaine Vos en wyle Peter Joseph Vos.
Red Ox & die Keldery op Vredendal open binnekort
Kultuur ikoon vier haar 92ste
Ouma Katrina Esau het op 4 Februarie haar 92ste verjaars-dag gevier. Om hierdie mylpaal spesiaal te maak, het die Palms for Life en die Nluu kinders bietjie vir Ouma verras deur vir haar te sing. Sy het die koekkerse uitgeblaas en almal het heerlik saam koek geniet. Ouma was baie bly en diep geraak deur die gebaar.
“Terug-Skool-Toe” laat bejaardes ver terugdink
GEMSBOK-UPINGTON: Vroeër die maand was Food Lover's Market Upington betrokke by 'n "Terug-Skool-Toe" inisiatief, waar hulle vrugte uitgedeel het aan leerders van verskeie skole, by die Tol Speelman Gemeenskapsaal.
Food Lover’s Market het onlangs uitgereik na die gemeenskap van Upington. Die Vlytige Bejaardes Dienssentrum het, soos oudergewoonte, hul eie "Terug-Skool-Toe" program aangebied.
Never-Bee-Afraid (NBA) stel album bekend
Die Artscape Innovation Lounge het onlangs geleef met opgewondenheid toe Never-Bee-Afraid (NBA), ‘n rapgroep van Onseepkans, die bekendstelling van hul debuutalbum gevier het!
Die geleentheid is deur die talentvolle Jits-vinger aangebied, wat ‘n unieke aanraking aan ‘n onvergeetlike aand verleen het.
NBA, wat in 2022 gevorm is uit ‘n gedeelde passie vir musiek en kreatiewe uitdrukking, versprei ‘n boodskap van hoop aan hul gemeenskap en luisteraars.
Die groep rymkletsers bestaan uit die tweelingbroers Ronaldo en Rivaldo Jaar (20) en hul neef Reegan Olyn (23), wat van kleintyd af saam dans.
Reegan, ook bekend as “20wayne”, het op die ouderdom van 20 begin musiek skryf nadat hy erkenning gekry het as ‘n danser in die groep Young Blood.
Twee dood nadat sandf-vragmotor op R31 omslaan
GEMSBOK-DELPORTSHOOP: Die SAPD ondersoek ‘n saak van strafbare manslag na ‘n ongeluk met ‘n SANW-vragmotor wat op die R31-pad tussen Koopmansfontein en Delportshoop omgeslaan het.
Voorlopige inligting dui daarop dat die ongeluk Vrydagmiddag, 7 Februarie 2025 plaasgevind het.
Die vragmotor was saam met 19 SANW-lede van die Lohatla-weermagbasis op pad na Kimberley.
Twee SANW-lede, ‘n man en vrou is op die toneel dood en 17 ander is beseer en na die hospitaal vervoer vir mediese behandeling.
Die SANW-vragmotor het in reënerige weerstoestande van Lohatla na Kimberley gery toe die ongeluk plaasgevind het.
Die oorsaak van die ongeluk vorm deel van die polisieondersoek