Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Tydens SANParke se 17de Kudu toekennings geleentheid, het parke in ons streek weggestap met belangrike pryse.
Volgens die hoof uitvoerende beampte van SANParke, Hapiloe Sello, gee die toekennings erkenning aan persone binne en buite die parke, wat uitsonderlike verbintenis tot die volhoubaarheid van ons nasionale parke getoon het.
Individue is ook vereer vir die verbetering van die lewensbestaan van ons parke, asook om werklike veran-dering te weeg te bring. 

Read more …SANParke vier hul 17de Kudu-toekennings

GEMSBOK-KEIMOES: Kokerboom Lodge, net buite Keimoes, se baie bekende Kersmark is reeds oop en aan die gang.
Denise Franken sê almal word, weer soos al die ander jare, uitgenooi om Kokerboom Lodge te besoek vir hierdie ongelooflike Kersmark tussen die wingerde.
Daar is ook ‘n tafel vir die kinders met die oulikste goed. Regtig iets vir almal. Ons mark is bekend vir goeie kwaliteit en beste pryse. Kom ondersteun weer die uitstallers en geniet die rustige atmosfeer en omgewing. 

Read more …Kom na die Kokerboom Lodge Kersmark

GEMSBOK-UPINGTON: Die Provinsiale Kommissaris van die Noord-Kaap, lt.genl. Koliswa Otola het onlangs die jaarlikse Provinsiale Uitnemendheid-toekennings aangebied - om erkenning te gee aan en die provinsie se helderste sterre te vier.
 Hierdie glansryke swartdas-galageleentheid is deur kapelaan N Geco geopen terwyl die verwelkomings-toespraak gelewer is deur die adjunk provinsiale kommissaris vir misdaadopsporing, genl.maj. MA Lekhele.

Read more …SAPD vereer hardwerkende lede

Daar is beslis nie ‘n tekort aan talent, wanneer dit by die jongspan (of die jonk van gees) van Upington, kom nie!
‘n Hand vol van Mêrie Scheepers se kunsstudente het verlede week die geleentheid gekry om hulle kreatiewe kunswerke met die publiek te deel.
Na ‘n jaar van harde werk, kon die klompie hulle kunswerke, in verskillende mediums, in die tuin van Fransie Douglas, uitstal.

Read more …Upington se jong kunstenaars stal uit

GEMSBOK-OLIFANTSHOEK: Juvan Meyer, van Olifantshoek, is op 14 Julie 2023 op 30 weke met ‘n gewig van 1,66 kg en ‘n lengte van 40,5 cm in Bloemfontein Mediclinic gebore - waar hy die eerste 137 dae van sy lewe in die NICU in Bloemfontein deurgebring het en per lugambulans oorgeplaas is na Rooi Kruis Kinderhospitaal in Rondebosch Kaapstad op die 28ste November 2023.
Hy is gebore met ‘n verlengde buik. 

Read more …Hulp gevra vir dapper klein vegtertjie

GEMSBOK-UPINGTON: Saterdagaand, 2 Desember, vanaf 17:00 begin die groot Kers Boeremark by Upington Skougronde. 
Sowat 40 stalletjies is bespreek en die verskeidenheid is legio. Daar sal baie handgemaakte produkte te koop wees, ‘n groot verskeidenheid kossoorte en natuurlik geskenke vir Kersfees.
Maak seker u mis nie die laaste Boeremark van die jaar nie. Kersvader gaan ook sy verskyning om 19:00 maak. Ouers kan die geskenke voor 19:00 vir Marlo kom afgee en dan sal Kersvader en sy elfies die geskenke vir die kinders uitdeel. Daar is ook ‘n verskeidenheid gelukspakkies, wat in die loop van die aand uitgedeel word.

Read more …Groot Kersfees Boeremark Saterdagaand

GEMSBOK-LOUISVALE:  Die N G gemeente Louisvale is op 10 Desember 1932 gestig met al die rivierplase suid van die Oranje met Matjiesrivier tot by Westelike grens van Grootdrink en Oostelike grens tot by Blaauwskop.
Die gemeente het eers die naam Grootrivier gehad en na die afstigting van die nuwe gemeente in 1949, is besluit om die naam te verander na Louisvale en die nuwe gemeente die naam aanneem van Grootrivier. 
In die tyd was daar ‘n geweldige toename in lidmaat getalle by die huidige Louisvale Weg met die SAD, navorsingstasie en waterwese dat daar in 1941 besluit is om ‘n saal te Louisvale Weg te bou om eredienste daar te hou. Louisvale gemeente het voorts as ‘n tweekop gemeente bestaan.

Read more …Louisvale gemeentes word weer een

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Gemeenskap in die Khoi-San-vallei van Upington het vandeesweek baat gevind by agro-ekologieopleiding deur die humanitêre en ontwikkelingsorganisasie, ForAfrika, aangesien hulle hul eie gemeenskaplike tuin gevestig het.
 Die projek, wat deur die Ackerman-stigting gefinansier word, het ten doel om lede van die gemeenskap te voorsien van die gereedskap en vaardighede wat hulle nodig het om volhoubaar vir hulself kos te voorsien.

Read more …Gemeeenskapstuin is gevestig

GEMSBOK-SPRINGBOK: 'n Nuwe pelargonium spesie is in die Richtersveld ontdek deur ons eie Pieter van Wyk, kurator van die |Ai-|Ais/Richtersveld Oorgrenspark Woestyn Botaniese Tuin & Kwekery.
Pelargonium is 'n genus van blomplante wat ongeveer 280 spesies meerjarige plante, vetplante en struike insluit, wat algemeen genoem word geraniums, pelargoniums of ooievaarsbekke. Geranium is ook die botaniese naam en algemene naam van 'n aparte genus van verwante plante, ook bekend as cranesbills. Albei genera behoort aan die familie Geraniaceae. 

Read more …Nuwe pelargonium spesies by Richtersveld ontdek

GEMSBOK-PORT-NOLLOTH: Hierdie rare spesie, die Takse Reënpadda, is nog net een keer tevore gesien – in 2008 – toe ‘n enkele eksemplaar noord van Port Nolloth in die Noord-Kaap gevind is. 
Die Takse reënpadda spesie is in 2012 deur professor Alan Channing benoem vanaf hierdie monster.
 As deel van ‘n projek om prioriteitshabitatte te identifiseer en opnames te doen vir spesies met ‘n gebrek aan data, het die Trust vir Bedreigde Natuurlewe verlede week saam met Bionerds, SANBI se REFRESH-projek en onder leiding van Les Minter, ‘n bekende Reënpadda-kenner, vertrek na die noord- weskus - op wat hulle  derde reis na die gebied was - om vir hierdie spesie te soek. 

Read more …Reënpadda is na 15 jaar herontdek

GEMSBOK-UPINGTON: Verlede Sondag, 12 November is ‘n Herinneringsdiens by die NG Kerk Upington-Wes gehou.
Herinneringsdag (ook bekend as Papawerdag as gevolg van die tradisie om ‘n herdenkingspapawer te dra) is ‘n gedenkdag wat sedert die einde van die Eerste Wêreldoorlog in lidlande van die Statebond waargeneem word om gewapende magte te vereer wat in die uitvoering van hul pligte gesterf het. In die meeste lande word Herinneringsdag op 11 November of die Sondag naaste aan die 11 de, gevier, om die einde van die Eerste Wêreldoorlog te herinner.

Read more …NG Kerk Upington-Wes hou aangrypende Gedenkdiens


Op Vrydag 13 Oktober 2023 het Kakamas Aanvullende Gesondheidspan hulle jaarlikse aktiwiteitsdag gehou. Die tema hierdie jaar was “Unity through Community”.
Elke jaar vier die aanvullende span elkeen se professie deur ‘n aktiwiteite te doen en ‘n gekombineerde gesondheidsdag te hou. Hierdeur word bewusmaking geskep deur opvoedkundige praatjies en aktiwiteite - wat elemente verteenwoordig van elke professie.
 Die jaar het die aanvullende gesondheidspan van Kakamas besluit op die bogenoemde tema wat gebruik was vir Nasionale Arbeidsterapie week, omdat dit ons idee was om gesondheidswerkers in die distrik en hulle rol in die gemeenskap te vier as ‘n eenheid.

Read more …Kakamas Hospitaal bied ‘n aktiwiteitsdag aan