GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington Landbou Expo, wat van 29 tot 31 Mei, aangebied word, gaan beslis die jaar sy naam gestand doen.
‘n Groot verskeidenheid diere en diereprodukte sal geskou en uitgestal word en verskillende inligtingsdae word aangebied.
Die bestuur van die Upington Landbou Expo is baie opgewonde om aan te kondig dat daar twee kampioenskappe gehou gaan word, naamlik die Dorper en Witdorper Streekskampioenskappe, asook die Arabierperd Kampioenskappe, wat deur die NK Arabierperdeklub aangebied word.
Dit sal die eerste keer in jare wees wat die perdeskou weer in die hoofarena gehou gaan word.
Dit is ‘n 3-daagse skou waar perde op halter, ryklasse en dan Saterdag, die kampioene gekroon gaan word. Skougangers sal hierdie spogperde in die hoofarena baie geniet.
Die Dorper en Witdorper Streekskampioenskappe word ook oor drie dae aangebied met die Saterdagoggend die beoordeling van die kampioene.
Die Saterdagoggend is daar ook ‘n KI- en Skanderingskursus wat vanaf 11:00 by die skaap-afdeling gehou word. Dr. Dries Lategan, bekende veearts van Upington, bied die KI-kursus aan en Pieter Pretorius van Bloemfontein, gaan die skanderingskursus (11:30) behartig.
Die jaarlikse Slagkompetisie wat deur Desert Beef aangebied word, is ook ‘n hoogtepunt op die Saterdagoggend-program. Om 10:00 word die wen slag-os en slaglam in die Karakoelsaal aangewys. Daar kan skougangers die wenkarasse besigtig, waarna dit opgeveil sal word.
Op 27 Mei nooi Desert Beef belangstellendes ook uit na hul jaarlikse slagkompetisie en inligtingsdag aan. Dit word vanaf 07:30 by Desert Beef Abattoir buite Upington aangebied. Die oggend vroeg kan die beeste en skape besigtig word, waarna daar met die slag van die diere begin word.
Die spreker vir die dag is Alnora le Riche, ‘n veearts. Na die middagete kan die karkasse besigtig word. Vir navrae kan Ria by 084 517 3638 geskakel word.
Daar so vyf verskillende beesrasse op die skouterrein uitgestal word. Skougangers sal kan kom kyk na Sussex, Brahman, Drought Masters ensovoorts.
Verskillende diere medisyne en ander produkte rondom boerdery bedrywighede sal by die skape en beeste uitgestal en te koop wees.
Raisins SA nooi belanghebbendes in die bedryf hartlik uit om deel te neem aan ‘n boeiende paneelbespreking wat op Vrydagoggend, 30 Mei 2025 in die Karakoelsaal gehou word. Die tema vir die dag is: Growing More, Growing Smarter.
Hierdie geleentheid sal kundiges uit uiteenlopende velde bevat wat ‘n verskeidenheid onderwerpe bespreek. RSVP voor 20 Mei 2025 by Chantelle Kotze: 082 596 8179 of