GEMSBOK-VREDENDAL: Die nuwe Red Ox Restaurant en konferensie sentrum het vroeg in Maart hul deure vir die publiek oopgemaak nadat die perseel heeltemal herbou en verander is.
Hier het die eienaar, mnr. Jean Lambrechts van NC Foumous Lodges-faam, homself weer oortref met die smaaklike dekor en ongelooflike uitsig oor die wingerde van die streek met die Matzikama-berge op die agtergrond.
Draai gerus van die N7 af en kom besoek die besondere plek.
Die Red Ox Restaurant se transformasie bring ‘n nuwe kulinêre ervaring na die Namaqua Weskusstreek.
Die restaurant sluit in 5-ster ontbyt, middagetes sowel as aandetes. Heerlike pizzas, asook sushi, is ook op die spyskaart.
Die wyne wat by die restaurant bedien word, is gekies uit ‘n verskeidenheid wynkelders, uit ‘n wye gebied. Wynkenners kan enige tyd kom wynproe of spesiale aande soos “Kraffie-Wynaand” bywoon. Daarby word natuurlik smullekker disse bedien.
Daar is vleisgeregte te kies en te keur op die spyskaart. Gaste kan ook hul vleis, wors en ander benodighede vir ‘n braai, by die restaurant koop. Daar is spesiaal aan die kinders gedink met die buite tafels en speelplek. Gaste met klein kindertjies hoef nie die heel tyd op hul senuwees te wees nie, daar ‘n lekker speelplek vir die kinders.
‘n Groot verskeidenheid trou-pakette is by die Keldery saamgestel om almal se sak te pas. Bespreek gerus by Jacques Taljaardt (078 949 2547) Die Keldery se venue vir jou spesiale dag.
Hierdie venue is ook die perfekte plek vir groot en klein konferensies of vergade-rings, spesiale verjaarsdagvieringe of wanneer kinders gedoop word. Geen funksie is te groot of te klein vir hierdie groep nie.
Vir navrae, kontak: 027 213 3699
Restaurant:
Venue:
Troues: