Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Opebrief aan die Dawid Kruiper Munisipaliteit
Ons Dorp se munisipale leiers praat gereeld hoe hulle ons infrastrukture, soos die paaie, gaan verbeter en vooruitgang sal bring aan ons inwoners. 
Dit klink goed as ‘n mens dié goed hoor, maar later sien jy nie die beloftes wat realiseer nie. 
Ek wil graag hul aandag vestig op ons midde-dorp se strate wat volgens my mening die swakste in die Noord-Kaapprovinsie is. 
Ek het al wyd en syd in ons land gereis in dorpe en stede waarvan die strate en paaie beter is as ons eie.  Upington se strate toon ‘n agteruitgang die afgelope 10 jaar wat vir die motoris ‘n “nagmerrie” geword het. 


Gaan kyk maar self: om elke hoek en draai lê die slaggate. In Schröderstraat, Mandela-rylaan, op die hoek van Upington 26-straat en by die sirkel wat lei na die Kalahari Mall, is dié strate vol slaggate en ongelyk. 
Hier en daar sien ek word gepoog om die ry-oppervlakte van sommige paaie te verbeter maar dis ‘n druppel in die emmer. 
Is ons dorpsowerhede bewus van die slegte toestande van ons strate of soos die Engelse sê: “they just turn a blind eye”! 
In die woonbuurte is die toestande van sommige strate skokkend! Hoe lank sal hierdie probleem voortduur en wanneer sal daar ernstig werk daarvan gemaak word om die paaie se haglike toestand te verbeter. 
Baie van die dorp se strate het onveilig geraak vir motoriste. 
Op die ou end vereis ‘n ongelyke en slegte pad dat die hand diep in die sak gesteek moet word vir jou kar se bande, skokbrekers en wat ook al! 
Vir my part kan hulle maar die hele dorp se strate skraap. 
Dit sal beter wees om op ‘n skoongeskraapte en gelyke grondpad te ry as op ‘n teerpad vol slaggate. 
Ek is net baie teleurgestel in dié mense wat verantwoordelik is vir die instandhouding van ons dorp se strate. 
Ek is seker daar word vir die paaie ook begroot, maar daar word té min aandag daaraan gegee.
 * Nick Pretorius