Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-GRIEKWASTAD: Die 91ste Sirkelkonferensie is aangebied deur Griekwastadtak met die tema “Hippie Chic”.  
Die gaste was in die tema aangetrek en tafels helderkleurig gedek in kolle en strepe.  ‘n Koedoe onder ‘n kameeldoringboom in die saal het herinner aan die Griekwaland-Wes.
Sprekers was dr Jess De Bruyn wat gaste ingelig het oor alternatiewe genesing, om stres te verlig, gesonde eetgewoontes en natuurlike middels.  R&J Fire Arms het waardevolle inligting verskaf oor die vuurwapenwet, wapenopleiding en beveiliging

Read more …GW gaan "hippie chic"

GEMSBOK-UPINGTON: Net voor vanjaar se Upington  Landbou Expo, het Desert Beef ‘n Skaap- en Bees Voerkraaldag aangebied.
99 Beeste en 160 skape was ingeskryf vir die slagkompetisie. 
Van die beesrasse wat aan die kompetisie deelgeneem het, was: Angus, Brangus, Bonsmara, Santas, Susex, Jersey, Draughtmasters en Bonsmara kruisings.
Voor die tyd het almal die beeste besigtig, waarna daar begin slag is.

Read more …Voerkraal Inligtingsdag was groot sukses

GEMSBOK-UPINGTON: Sirkel Noordwes-Kaap se Marydale tak het die sirkel se 94 st konferensie aangebied  ondanks moeilike omstandighede. 
By gebrek aan ’n geskikte lokaal het die konferensie plaas gevind in die pragtige NG Kerk. Krag onderbreking en watertekort het gedreig, maar alles het ongelooflik glad verloop en die taklede wat baie kilometers uit die dorp bly kan hulself op die skouer klop vir ’n uitstekende konferensie .

Leefstyl: Me Landi de Beer  praat oor die verskillende figuur-vorms waarin dames kan pas.

Read more …Sirkel NWK hou 94ste konferensie

Verskeie beesrasse is vanjaar tydens die Upington Landbou Expo ten toon gestel.
Gert Fourie, sameroeper van die beeste by die skou, het baie moeite gedoen om kenners te nooi om oor die verskillende beesrasse, teling en voeding te gesels. Van die rasse wat daar was is Droughtmasters, Boran, Brahmaan en Sussex beeste. 
Terwyl die diere beoordeel is, was daar besprekings. Chris Goosen het die toeskouers se mening gevra terwyl het beoordeel het en dan, saam met ander kenners, verduidelik hoekom hy ‘n betrokke dier, eerste, tweede of derde plaas.

Read more … Beesbeoordeling tydens Upt Expo

GEMSBOK-NAMAKWA: Mense van Richtersveld, Concordia, Hondeklipbaai en ander Noord-Kaapse dorpe het op Menseregtedag in Springbok opgeruk om ’n moratorium op alle nuwe mynaansoeke en die hernuwing van ou mynpermitte, te eis. 
Hulle eis dat staatsdepartemente sinvol by geaffekteerde gemeenskappe betrokke raak oor nuwe ontwikkelings.
Daar is vroeër in die media berig dat die Richtersveld-gemeenskap in 2003 ‘n landmerksaak in die konstitusionele hof, teen die staatsbeheerde diamantmynmaatskappy, Alexkor, gewen het.
‘n Skikking wat in 2007 bereik is, het die Pooling and Sharing -gesamentlike onderneming tot stand gebring, met Alexkor wat ‘n 51%-belang en die gemeenskap 49% deur die Richtersveld Mynmaatskappy, gehou.

Read more …Namakwalandse gemeenskappe vra vir moratorium op alle nuwe mynregte

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Groot eer het Upington te beurt geval toe die Borgward Klub van Suid Afrika die afgelope naweek (23 Maart 2024) besoek aan Upington gebring het.
Die besoek was deel van die klub se tweejaarlikse uitstalling wat in die verlede by die Gariepdam gehou is. Aangesien Upington baie sentraal is vir die eienaars van die fabrikaat Borgward, wat vanoor die hele land bymekaarkom om die uitstalling te hou, is daar besluit om dit vanjaar hier te hou.
Twaalf van dié uitsonderlike motors is uitgestal, waaronder ‘n Borgward bakkie, wat volgens een van die lede, een van slegs vier (4) in die wêreld is.

Read more …Borgward klub van SA stal uit op Upington

Upington  hou weer vanjaar skou vanaf eerskomende naweek 4 - 6 April 2024.  Die skou gaan vanjaar groter en beter wees om ‘n rekordgetal uitstallers te akkomodeer. 
Die landbou afdeling word ook uitgebrei met meer uitstallers, inligting sessies en kompetisies. Die Upington Western Mounted Games Klub, tesame met ruiters van Kathu Western Mounted Games klub bied weer die gewilde perde vertoning aan vanaf 14:00 op die hoofarena. Die perde gaan afsonderlik teen mekaar en teen die tweewiel motorfietse meeding. Dit beloof om vol spoed en aksie te wees. 

Read more …Upington Expo vanjaar groter en beter

GEMSBOK-KAKAMAS: Die wenners van die 2023/24 ORPA-Tafeldruifblokkompetisie is tydens die terugvoergeleentheid en prysuitdeling, wat op 18 Maart 2024 by Dundi Lodge naby Augrabies gehou is, bekend gemaak.
Ses jong produksieblokke en tien volwasse blokke, verspreid vanaf Onseepkans tot by Kakamas, het ingeskryf. Twee blokke het onttrek omdat hulle begin oes het.
Die beoordelaarspan was Eunice Avenant (SATI & SU), Petrie de Kock (BASF), Trix Quixley (Nexus), Stefan Jordaan (Raisins SA) en Jan Avenant (Onafhanklike Navorser). 

Read more …Uitslae van 2023/24 ORPA Tafeldruifblokkompetisie

GEMSBOK-POT NOLLOTH:  Kleinskaalse vissers het die afgelope week hul kommer uitgespreek oor die verskaffing van snoek ter voorbereiding van Paasfeesvieringe, aangesien die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewing (DFFE) die daaglikse vangsbeperkings vasgestel het.
Dit volg nadat die DFFE die  hulp van die SANW ingeroep het toe hy verskeie vaartuie op die Hondeklipbaai-slipbaan in die Noord-Kaap geïnspekteer het.
Maria Welcome, woordvoerder van die omge-wingsorganisasie Green Connection, het gesê vissers langs die Weskus sukkel met kwotas om aan die eise van visvoorraad te voldoen.

Read more …Dis Paastyd en daar is min snoek

GEMSBOK-UPINGTON: Rhino Sekuriteit op Upington het die volgende video geneem - nadat hulle na die SA Poskantoor se sorteer fasiliteit (die hub) ontbied is. Vandale het behoorlik die plek ingevaar en grootskaalse skade aangerig. Dit is waarkynlik wanbestuur en insidente soos hierdie wat daartoe lei dat 235 poskantoortakke landwyd gaan sluit. 
Van die Gemsbok se lesers wou die afgelope week, met reg, weet - waarom die ongebruikte geboue, soos die poskantoorsorteeraanleg, nie beskikbaar gestel kan word vir jeugontwikkelingsprogramme en ander NGO’s nie.
Sowat 235 SA Poskantoortakke gaan ge-sluit word, wat daartoe lei dat werknemers afgelê word, ná die afhandeling van die artikel 189-proses wat deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie uitgevoer is.

Read more …SA Poskantoor gaan 235 takke landwyd sluit, sê Gungubele

GEMSBOK-UPINGTON: Stefan Niemann van Lange Carr & Wessels Prokureurs op Upington het onlangs ‘n besondere prestasie behaal toe hy binne ‘n jaar toegelaat is as prokureur, 
Aktevervaardiger en notaris nadat hy aan alle kriteria daarvoor voldoen het en alle toelatings eksamens geslaag het. Alhoewel Stefan nie die eerste praktisyn van Lange Carr & Wessels is om al drie daardie kwalifikasies te verwerf nie, het hy by verre dit die vinnigste vermag.

Read more …Jong prokureur behaal besondere prestasie

‘n Dag vol “ene” … Pupkewitz Megatech het op 1 Maart 2024 sy deure oopgemaak by Nr 1 Toekomsstraat in Upington, die 1ste Suid Afrikaanse tak onder die Pupkewitz Groep.  
Die geleentheid is bygewoon deur raadslid Adam Visser van die Dawid Kruiper Munisipa-liteit, mnr Brian Rubinstein, Pupkewitz Holdings direkteur; mnr Eugene Shepherd, Pupkewitz Groep finansiele direkteur, mnr Morne Nell, Pupkewitz Megatech besturende direkteur, Linda Shitumbapo, hoof van Hernubare Energie vir Pupkewitz Megatech en mnr Gert Burger, Pupkewitz Megatech se finansiële direkteur.  
Raadslid Adam Visser en mnr Brian Rubinstein het die rooi lint geknip en die winkel amptelik oop verklaar.

Read more …Pupkewitz MegaTech nou in Upington