Ouma Chrissie Boesak het onlangs haar 106ste verjaarsdag saam met vriende en familie gevier.
Sy is gebore op Niekerkshoop, maar het reeds in 1952 na Upington getrek. Ouma Chrissie het 10 kinders in die lewe gebring - 5 dogters en 5 seuns. Sy is die trotse ouma van 52 kleinkinders en 29 agterkleinkinders, dan is daar ook nog agter-agter kleinkinders. Ouma Chrissie geniet nog goeie gesondheid, sy is helder van verstand, hou van gesels. Dit gaan nog goed met haar en haar kinders kyk mooi na haar. Ouma Chrissie se familie wens haar God’s rykste seën toe.
Ouma Chrissie by die spesiale koek wat Jolanda van Koeke-Doorkie vir haar gebak het. Op Facebook het Jolanda die volgende geskryf: Ek het al die jare ‘n reël in my winkel...as ek weet van n bejaarde persoon bo 100 dan skenk ek ‘n koek aan die persoon Ek het vir ouma Chrissie ‘n koek geskenk toe sy 100 jaar oud geword het en daarna nooit weer van haar gehoor of gesien nie en laas week hoor ek ouma Chrissie word 106. “Liewe ouma Chrissie wat ‘n voorreg om weer vir oumatjie te kon bederf met ‘n koek. Oumatjie baie geluk met die 106 geseënde jare, mag die Here jou styf vashou en onthou jy is vir baie ander kosbaar en ons almal is vir jou lief”.