GEMSBOK-KATHU: Die nuutverkose bestuur van AfriForum se Kathu-tak wil hul fokus plaas op vullisterreine wat nie aan die minimum vereistes voldoen nie, die voortdurende kragprobleme wat die dorp lamlê en op die talle straatligte wat buite werking is.
Die nuwe bestuur is op 11 Maart tydens ’n vergadering in Deben verkies en verteenwoordig die gemeenskappe van Deben, Olifantshoek en Kathu.
Hulle is Johan Snyman (voorsitter), Heinrich Nortje (ondervoorsitter), Annatjie Snyman (sekretaris), Elanie Nortje (tesourier), Marius de Klerk (veiligheid), Jan-Daniël Cruywagen (plaaslike regeringsake), Hennie van der Merwe (omgewingsake), Dewald van Vuuren (projekte), Yolandi van der Merwe (toerisme) en Johnrich Nortje (jeug).
Hierdie span is gereed om AfriForum se verbintenis tot die gemeenskap, deursigtige leierskap en proaktiewe betrokkenheid by plaaslike kwessies voort te sit.
“Die bestuurspan is daartoe verbind om die waardes en beginsels van AfriForum te handhaaf, deursigtigheid te bevorder en te verseker dat die stem van die plaaslike gemeenskap sterk bly. Ek is opgewonde om saam met dié span ’n verskil in my gemeenskap te maak,” sê Snyman, die nuwe voorsitter van AfriForum se Kathu-tak.
• Foto aangeheg.