Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KEIMOES: Die Christen Gemeente in Soverby het onlangs hul jaarlikse Mnr en Mej. Soverby gehou.
Die geleentheid is gereël deur die Sondagskool juffrouens,Yvonne Klaaste en Dina de Wee. “Hierdie fondsinsamelingsprojek is elke jaar ‘n wenner,” sê Yvonne Klaaste. Sy voeg ook by om te sê dat die eintlike doel van die kompetisie is om kinders selfvertroue te leer op ‘n jong ouderdom. Sy gaan verder, “ons leer ook die jongspan deur aan hulle te wys dat elkeen wat deelneem ‘n wenner in die lewe is.”
Die kompetisie het plaasgevind by die Soverby kerk en het heelwat mense getrek. Die beoordelaars was van Kakamas en het nie die kinders geken nie.

 
“Dit is so belangrik dat ons die kompetisie regverdig moet hou. Alhoewel dit pret is, moet ons nog altyd aan die einde van die dag integriteit aan die dag toepas,” het juffrou Dina gesê.
Sy gaan voort, “die boodskap wat ons ook aan ons kinders wil oorbring, is dat ‘n mens hard moet werk in die lewe.”
Die seremoniemeester vir die aand was ouderling Koper, wat die mense laat lag en huil het. Daar was lekker musiek terwyl  die jongmense op die vloer geloop het. Die skare het glad nie teleurgestel nie en die opgewondenheid het later oorgeloop in skreeu en singery.
“Ons wil graag dankie sê aan ons disko jokkie, ouderling Bartie April, wat die lekker musiek verskaf het,' het Yvonne bygevoeg.
Die Christen Gemeente, Soverby hou op 3 Mei ‘n  sangaand met Hanoleen Goeieman, wat in Keimoes se VGK saal sal plaasvind.  Almal wat na die sangaand wil kom, word ook uitgenooi na die diens op Sondagoggend, 4 Mei.