GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Groot makietie onlangs in Rosedale het, het die gemeenskap weer stilweg daaraan herinner dat jy nie die lewe by jou verby moet laar gaan nie en elke geleentheid om fees te vier en met geliefdes te deel - moet aangryp.
Die viering van Ouma Mieta Malgas se 80ste verjaarsdag, toe haar kinders en kleinkinders uit hul pad gegaan het om haar soos ‘n “Queen for a day” te laat voel - het sommer gou ontaard in ‘n drie dae lange feesviering.
Eers is haar lewe by die kerk, saam met haar geestelike broers en susters, gevier, waarna sy die volgende dag behoorlik by een van Upington se gewilde eetplekke op die hande gedra is.
Maar groot was die vreugde toe ‘n limousine haar vir die groot, deftige verjaarsdagpartytjie in ‘n markiestent oorkant die Rosedale polisie-stasie, kom oppik.
Sy was in ‘n pragtige goue uitrusting geklee - om haar 80 goue jare uit te beeld.
Die hemel se sluise het oopgemaak - maar “die Here was in die party” en al het die balonne ‘gesleep in water’.
Maak die beste van elke dag, want “meeste mense ry vir die eerste keer in ‘n limo - in hul kis - wanneer hulle nie kan sien nie.