Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *


GEMSBOK-UPINGTON: As deel van die Upington Landbou Expo se program, word daar weer die jaar ‘n Slagkompetisie by Desert Beef Abattoir gehou.
Desert Beef/Boomplaas bied op 3 April weer ‘n Skaap & Bees Voerkraaldag aan. Daar gaan ‘n vol program vir belangstellendes aangebied word.
Mnr. Gert Fourie, sameroeper van grootvee by die skou, vra boere om die dag by te woon. Baie moeite word gedoen om die diere voor te berei en om die dag te reël.

Read more …Skaap en Bees Voerkraaldag

GEMSBOK-UPINGTON: Tydens van- jaar se Landbou Expo wat van 4 - 6 April 2024 gehou word, word daar ‘n Patente kompetisie gehou.
Maak seker jy skryf jou unieke uitvindsel of patent in die kompetisie.
Kontak Mandie by 082 672 6914  om jou patent in te skryf. Inskrywing is gratis. Baie lekker pryse geborg deur ons twee borge KLK en KaapAgri.
Daar is hierdie jaar heelwat nuwe uitstallers by die Landbou afdeling. Een van die uitstallers gaan Vrydag en Saterdag, ‘n demonstrasie lewer oor hoe om jul dragtige diere te scan. 
Produkte wat hul verkoop is: 
*Skanderings masjiene
*Mikroskope
*KI Toerusting
*Nitrogen Tank vir Semen.

GEMSBOK-UPINGTON: Soos vorige jare het ‘n klompie lede van die Kalahari Oumotorklub die jaarlikse George Ou-motorskou bygewoon. 
Vanjaar se uitstalling, was van besondere hoë gehalte, met meer as 1000 motors wat uitgestal is. Meer as 13 000 besoekers het die Saterdag deur die hekke beweeg. Die belangstelling was so groot dat die organiseerders vanjaar addisionele uitstalruimte geskep het om meer voertuie te akkommodeer. 
Vanjaar se tema het gefokus op Duitse     voertuie met Merecedes Benz, Volkswagen, BMW, Porsche en Borgward veteraanmotors wat baie goed verteenwoordig was. 

Read more …Veteraanmotors doen dit weer na George

GEMSBOK-KURUMAN: Die drie takke van VLV Sirkel Kalahari, naamlik Reivilo, Vryburg en Kuruman het op Woensdag 6 en Donderdag 7 Maart 2024 op Reivilo saamgetrek vir die jaarlikse Sirkel Konferensie. 
Opgedollie in “vintage”-kleredrag, het die dames na interessante sprekers geluister, opgewondenheid gedeel oor kompetisie-uitslae en trofeë, heerlike eetgoed geniet, vriendskappe gesmee en net lekker saam gekuier. 
Reivilo, onder leiding van hul 22-jarige voorsitter, Lize-Mari Pretorius, het hul goed van hul taak gekwyt om ‘n Konferensie van hoogstaande gehalte aan te bied! 

GEMSBOK-SPRINGBOK: Veldwagters van die |Ai-|Ais/Richtersveld Oorgrenspark het kragte met hul Namibiese eweknieë saamgesnoer, tydens ‘n gesamentlike       rivierpatrollie, langs die Oranjerivier.
 Die twee groepe het drie jaar laas saamgewerk, as gevolg van die Covid-19 pandemie.
Die gesamentlike patrollie, ‘n integrale deel van die bestuur van die |Ai-|Ais/Richtersveld-oorgrenspark (ARTP), het ten doel gehad om die ongebreidelde onwettige kiefnetaktiwiteite wat die visbevolkings in die gebied vernietig het, aan te spreek. 

Read more …SANParke en Namibiese veldwagters werk saam teen stropery

GEMSBOK-UPINGTON: Die uitmuntende dienste van ‘n polisie kontabel van Rosedale het die afgelope week die harte van derduisende Gemsbok-volgers op sosiale media aangeraak.
Dit volg nadat ‘n ontstelde bejaarde egpaar, mnr en mev Fritz van Rosedale, die polisiestasie onlangs besoek het - in ‘n poging om hulp te soek om hul dogter - met wie hulle kontak verloor het in Londen in die Verenigde Koninkryk - op te spoor.
Die aangewese vuurwapenbeampte, konstabel Mirjam Bock, verbonde aan Rosedale SAPD - het gehoor van hul lot en die ekstra myl gestap.

Read more …Kst spoor vermiste persoon in Londen op

GEMSBOK-UPINGTON: Upington Campus van die NCR TVET College het op 21 Februarie ingeskakel by die internasionale veiligheidsgemeenskap vir die viering van Gewapende Magtedag.  
Hierdie is ‘n groep studente wat vir die nuwe kursus by Upington Kampus in 2024 geregistreer het.  Die kursus word Veiligheid in die Gemeenskap (Safety in Society) genoem en is ‘n driejarige nasionale beroepsgerigte kwalifikasie wat oor vlak 2 en vlak 4 strek.  
Die student se kennis van die beginsels van Suid-Afrika se wette word verbreed en hy of sy word opgelei om deel te raak van die po-ging, om die gemeenskap ‘n beter en veiliger omgewing te maak.

Read more …Upington Campus vier Gewapende Magtedag

GEMSBOK-UPINGTON: Oor net meer as ‘n maand is dit tyd vir ons jaarlike Landbou Expo.
Vanjaar is die datum vroeër gemaak, om aan te pas by ander skoutye in die land.
Die terrein personeel is hard besig om die terrein voor te berei, sodat alles netjies kan wees vir wanneer die Expo gehou word.
Een van Upington se verf handelaars, Dulux, het ook die tafeltjies en bankies in die “foodcourt” pragtig geverf met helder, vrolike kleure.
Skougangers word aangemoedig om onder die koeltebome te gaan parkeer. Die hoofhek is die hek by die motorhandelaars. 
Die skoukomitee het baie moeite gedoen om ‘n interessante program saam te stel wat in baie skougangers se smaak sal val.

Read more …UpingtonLandbou Expo - 4 - 6 April

‘n Droom het waar geword toe mevv Maxi Compion en Marina Bothma tesame met mnr Johan van Schalkwyk die Kokerboomroete gestig het in 2008.
Die Noord-Kaap bly een van die beste plek-ke om te besoek.  Die Kokerboomroete is geskep om ‘n geleent-heid te skep vir die toeris om die veelsydigheid van hierdie streek te ervaar.  Hetsy die natuur, kos en wyn asook immergewilde padstalle.  
Die roete strek vanaf Upington – Kanoneiland – Keimoes – Neilersdrift – Kenhardt – Friërsdale – Kakamas – Augrabies – Riemvasmaak.  Dit sluit die Augrabies Valle Nasionale Park in asook die R359 grondpad wat van Louisvale na Kakamas strek.

Read more …Waar is die Quiver Tree route?

GEMSBOK-CALVINIA: Die Sonskyn Dienssentrum Calvinia  het verlede week behoorlik die liefde gevier en saam met Sorgvliet Tehuis, ‘n baie geslaagde Valentynsoggend gehou.
Die groep het geopen met, “Blye versekering”en daarna het pastoor Cloete ‘n gebed gedoen.
Almal is deur Katy welkom geheet en juffrou Jooste het almal geluk gewens wat in die tyd verjaar het of wat hul huweliksher-denking gevier het.

Read more …Sonskyn en Liefde loop hand aan hand

GEMSBOK-UPINGTON: Die Van der Westhuizen-gesin van Upington, hou op 23 Februarie 2024 om 18:00 ‘n Big Walk vir HeartKids SA by die Eiland.
Elke jaar in Februarie word daar op verskillende plekke in Suid-Afrika “Big Walk’s” gehou.
HeartKids SA is ‘n nie-winsgewende organisasie wat hulle toespits, om, om te sien, na die emosionele welstand van die ouers met kinders wat hartprobleme het.
Charl en Vanessa se dogter, Leilah, is in Julie 2015 met ‘n kroniese hartafwyking gebore. 

Read more …Big Walk vir HeartKids die naweek

GEMSBOK-UPINGTON: Gewilde motorfietsryer-dokter, dr Andrè Hattingh, het weer Vrydag sy jaarlikse besoek aan Upington gedoen.
Ride for a Child, ’n jaarlikse liefdadigheidsmotorfietsrit van 7 000 km regoor Suid-Afrika om fondse in te samel vir minderbevoorregte kinders se operasies en mediese behandeling, sal op 24 Februarie ’n wêreldrekord probeer om die meeste motorfietse in verspringende formasie in Jeffreysbaai te laat ry.
Kantoorbestuurder, Joyce Crompvoets, het gesê Ride for a Child is vyf jaar gelede deur dr André , die stigter en HUB van Pediatric Care Africa, geïnisieer.

Read more …Dr Andrè kuier weer hier