GEMSBOK-UPINGTON: Die NK Departement van gesondheid het, kort nadat hulle by die menseregte kommisie aangekla is vir hulle “gebroke ambulans floot”, dat nuwe ambulanse, meer noodsorgpersoneel en uitgebreide lugdienste op die horison wink.
In ‘n persverklaring die afgelope week, het die departement 22 nuwe ambulanse, 100 nuwe noodpersoneel, en uitgebreide lugdienste asook ‘n
verhoogde prestasiedoelwit van tussen 50% en 60% vir prioriteit een noodreaksies aan die provinsie beloof.
Dit volg kort op die hakke van ‘n persverklaring, wat daarop gedui het dat rolspelers ‘n klagte teen die departement by die menseregte kommissie aanhangig gemaak het, juis omdat sy ambulans floot ‘half en gebroke’ is.
Die rolspelers het ernstige ambulansverwante klagtes by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) aangemeld, aangesien hulle meen dat meer as die helfte van die Noord-Kaap se hele Emergency Medical Services (EMS)-vloot buite werking is.
Twee weke gelede het ‘n jong ma van Rooiwal versuim om toegang tot ‘n ambulans te kry toe sy op ‘n Sondagmiddag om 14:30 in kraam was. Toe sy omstreeks 22:00 kraam, was die baba reeds dood. Die ambulans het die volgende dag ná 04:00 opgedaag, meer as twee uur nadat forensiese dienste opgedaag het om die lyk te gaan haal.
Dit is nie ‘n geïsoleerde voorval nie. ‘n Week gelede is ‘n diabetiese pasiënt in transito dood terwyl hy van Kuruman na die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal (RMSH) op pad was nadat hy twee dae vir ‘n ambulans gewag het. Die afgelope Vrydag het ‘n pasiënt van Ritchie meer as agt uur gewag vir ‘n ambulans om hom na RMSH te vervoer, nadat hy ineengestort het.
Ten spyte van leë beloftes om EMS te versterk, het ambulans- en pasiëntvervoerdienste sedert 2019 in die intensiewe sorgeenheid gebly met die jongste inligting wat toon dat EMS teen 46% vlootkapasiteit werk.
Die rolspelers het hul kommer geopper, dat ambulansverkryging ‘n voertuigvervangingstrategie is en niks doen om die vloot te versterk nie - en het glo ook herhaaldelik gevra, dat die stadige omkeertyd vir noodvoertuigherstelwerk aangespreek moet word.
In plaas daarvan om hierdie bekommernisse aan te spreek, het die gesondheidsdepartement sy noodreaksiestandaarde verlaag - deur sy teiken vir operasionele ambulanse van 184 na 130 en sy teiken vir EMS-personeel van 1 800 tot 720 werknemers af te gradeer.
Die aantal werknemers staan op 653 teenoor ongeveer 700 in 2019.
Dit is nie goed genoeg wanneer die provinsie enkelbemanning-ambulanse verduur, ambulanse wat net 12 uur per dag werk soos in die Hantam-omgewing, pasiëntvervoerders wat reise moet kanselleer, pasiënte in landelike gebiede verhoed om toegang tot mediese sorg te kry, en ambulanse wat nie lewens red nie.
Die SAMRK is intussen gevra om die jongste string ambulansklagtes by die gesondheidsdossier te voeg.
Mense verdien toegang tot nooddienste wat lewens red.