GEMSBOK-UPINGTON: SANBS het onlangs hul 2023 mylpaal skenkers vereer tydens ‘n gesellige Medaljefunksie wat onlangs in die saal van Hoërskool Upington gehou is.
SANBS personeel sowel as Zone Donor bestuurder, Paul Coetham, asook lede van die Donor komitee en skenkers het die funksie bygewoon.
Verskeie mylpale is behaal bv. Klub 25 (20 skenking voor ouderdom 25 jaar oud), 50, 100, 125, 150 en 200 skenkings.
“Ons bedank elke liewe skenker vir hul volgehoue ondersteuning en moedig nuwe skenkers aan om deel te word van hierdie familie van lewensredders, het Hendrieka Beukes (donor relations practitioner Upington) gesê.
Die SANBS Upington werk ‘n wye gebied, naamlik Upington, Groblershoop, Marydale, Keimoes, Kakamas, Kenhardt, Calvinia, Loe-riesfontein, Nieuwoudtville, Sutherland, Fraserburg, Williston, Carnarvon, Pofadder, Aggeneys, Springbok, Kleinsee, Alexanderbaai, Port Nolloth, Nababeep, Steinkopf, Rietfontein, Askham en Kgalagadi.
Ricky Meintjies (collections manager) het gesê sy is baie trots op hul personeel wat ver ry, in hitte en koue - om skenkers te bereik.
Wilfred Möller, voorsitter van die Donor komitee, het gesê die tak help om lede aan te moedig om skenkers te word, help met werwing en promosies.
Wie kan bloed skenk? Enige aktiewe persoon, met ‘n gesonde lewenstyl, 16 jaar en ouer. Be-langstellendes kan op die uitkyk wees waar bloed geskenk kan word of na die Bloedbank gaan en bloed skenk.