Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Orffer & van der Merwe het weer, vroeg in Maart, sy jaarlikse opvoedkundige bedryfstoer vir junior bestuurswerknemers van tafeldruif produsente in die Benede Oranjeriviergebied aangebied.
Die doel van hierdie besoek is om toerlede die geleentheid te bied om die bedryf in die Wes-Kaap te verken en hulself te meet en te leer uit ervarings en suksesse van ander produsente, diensverskaffers en ander belanghebbendes. 
Dit word bereik deur toerlede aan sekere verwante bedrywe in die Wes-Kaap voor te stel en om hulle na plekke te neem waar hulle verwy-singsraamwerk verbreed kan word.


Hierdeur word toerlede se visie verbreed tov beste praktyke, nuwe tegnologie en boerdery-metodes wat weer tot voordeel van produsente se eie boerdery en hul bedryf aangewend kan word.
Hierdie jaar se  groep van 53 lede, het bestaan uit werknemers van Groenheuwel Boerdery, Karstens Boerdery, Triple D Farms, Dole SA en Nel Broers sowel as die 2023 & 2024 OPRA Agri Presteerder van die jaar wenners van Green Valley Nuts en Styrkraal.
Orffer & van der Merwe wil baie dankie sê aan die volgende instansies wat die groep besoek het, as deel van die toer, hulle het soveel moeite gedoen met ons besoek:
- FruitFly Africa in Stellenbosch (vrugtevlieg projek)
- KELPAK te Muizenberg
- Epping Fruit Market
- Mpact Limited kartonfabriek te Epping
- Stellenpak pakhuis te Klapmuts
- Voor-Groenberg Kwekery/Nursery te Wellington
- Wellington Wines Pty LTD.

Ander besienswaardighede wat by die  toer ingesluit was, is:
- Besoek aan Tafelberg
- Bootrit te Houtbaai
- Besoek aan V&A Waterfront Akwarium
- Besoek aan Exotic Animal World Klapmuts
- Bywoning van ‘n sokker wedstryd by Kaapstad/Athlone Stadium.