GEMSBOK-KURUMAN: VLV Sirkel Kalahari het op Woensdag 5 en Donderdag 6 Maart hul 92ste jaarlikse Sirkelkonferensie, met die tema: “Kleur jou Lewe”, by Klondike Lodge buite Vryburg gehou.
Sirkel Kalahari bestaan uit drie takke en ‘n totaal van 80 lede, naamlik Vryburg (18 lede), Kuruman (50 lede) en Reivilo (12 lede).
Tydens die geleentheid is die sirkel se nuwe projek, “Koester ons Taal”, van stapel gestuur - ter viering van Afrikaans wat 100 jaar gelede as amptelike landstaal erken is.
Op 8 Mei 2025 hou Sirkel Kalahari hul Inligtingsdag in Vryburg en die datum is juis gekies om hierdie spesiale dag te herdenk.