GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Ma is meer as ‘n vreeslose vrou. Sy is meer as ‘n held, sy is meer as jou beste vriendin, ‘n ma se liefde is onvoorwaardelik en kan nie met enige ander verhouding vergelyk word nie.
Hierdie woorde is beslis van toepassing op Amanda Bean en haar dogter Alicia Henn.
Hierdie dogter en moeder, albei oud-Upingtonners, het die afgelope jaar vir toetse gegaan en nou kan Amanda haar een nier vir haar dogter gee.
Maar kom ons begin by die begin.
Alicia het op Upington grootgeword en aan Hoërskool Duineveld gematrikuleer.
Bekende taalkundige van Riemasmaak oorlede
GEMSBOK-RIEMVASMAAK: Willem Damarah, ‘n kenner van inheemse tale, in besonders die Nama taal, is onlangs oorlede.
Willem of Toortjie, soos hy bekend gestaan het, was ‘n tradisionalis en ‘n taalkundige.
Willem Damarah is gebore op 16 Julie 1964 te Riemvasmaak. Hy was die 7de oudste kind van wyle Gert en Leentjie Damara.
Sy broer, Gerhardus, skryf die volgende van hom:
“ Willem sal onthou word vir die baanbrekerswerk wat hy vir die inheemse tale in die besonders Khoi en San tale, verrig het. Sy kennis van die Nama taal was noemenswaardig. Sy nalatenskap en mylpale in die ontwikkeling en bevordering van die Khoi en San tale, sluit die volgende in, om maar net ‘n paar te noem:
Hy was n Onderwyser aan die Laerskool Riemvasmaak vir jare voordat hy diens by die Streekskantoor aanvaar het.
Kerk inisiatief veg teen geslagsgebaseerde geweld
GEMSBOK-UPINGTON: In die hart van die stryd teen geslagsgebaseerde geweld (GBV), het die CRC Kerk, wat hierdie jaar sy dertigste bestaansjaar vier, 'n nasionale projek geloods, Beauty 4 Ashes, wat daarop gemik is om 30 slagoffer-vriendelike (trauma) kamers by verskeie Polisiestasies landwyd in te rig.
Hierdie kamers is ontwerp om 'n veilige en ondersteunende omgewing te bied waar slagoffers van geslagsgebaseerde geweld (bv verkrag-ting, aanranding) hul verklaring kan aflê, en die nodige hulp kan ontvang.
Die slagoffer-vriendelike kamers sal deur CRC Kerk se Beauty 4 Ashes Projek toegerus word met die nodige fasiliteite om 'n warm, verwelkomende, skoon en veilige atmosfeer te skep.
Etsikelelo werkswinkel gaan op uitstappie
GEMSBOK-UPINGTON: Die Etsikelelo werkswinkel van die APD het onlangs op ‘n lekker uitstappie gegaan.
Dié werkswinkel is deel van die APD (Assosiasie vir Persone met Gestremdhede) op Upington wat vanjaar 30 jaar gelede gestig is.
Die Etsikelelo werkswinkel is ‘n beskermde werkswinkel waar lede verskeie vaardighede aanleer om hulle toe te rus tot onafhanklikheid.
Verlede week het een van die komiteelede, pastoor Martin Petrus, ‘n terapeutiese perde uitstappie na Nicky van der Westhuizen gereël. Sy het die lede meer vertel oor perde en hul terapeutiese waarde, hoe om na perde om te sien en hoe sy mense leer om perd te ry.
Bank kry Sonkrag
GEMSBOK-UPINGTON: Nedbank het sy verbintenis tot uitsonderlike kliëntediens en sy doelgedrewe verantwoordelikheid vir omgewingsvolhoubaarheid bevestig deur 'n baanbrekersonkraginstallasie by sy Upington-tak te implementeer.
Die sonkragprojek sal verseker dat Nedbank-kliënte tydens beurtkrag ononderbroke toegang tot volle bankdienste het terwyl gasvrystellings verminder en klimaatsverandering ook bekamp word – 'n broodnodige ingryping in 'n stad wat swaar op landbou, toerisme en die diensbedryf staatmaak.
‘Met dié sonkraginisiatief, wat ooreenstem met Nedbank se strategie ten opsigte van 'n groen ekonomie, sal ons tak mettertyd minder van die netwerk afhanklik wees, sȇ Jacinta van Schalkwyk, Nedbank Upington se Markbestuurder. ‘Namate ons oorskakel na ons nuwe werksmodel wat tans landwyd ingestel word, is die doel dat die tak, wat juis met 'n fokus op kliënte ontwerp is, uiteindelik onafhanklik van hoofkragtoevoer sal funksioneer.
Oud-onnie help gemeenskap só
GEMSBOK-UPINGTON: En dit is presies wat Christel Strauss al meer as 30 jaar doen.
Die inisiatief, Leer & Leef, spruit voort uit die passie van ‘n plaaslike opvoeder, Christel Strauss, waarmee sy in 2017 begin het. Christel was vir 24 jaar ‘n laerskoolonderwyser op Upington.
Gedurende hierdie jare het sy besef dat daar ‘n enorme behoefte binne die gemeenskap is, aan kwaliteit vroeë kinderontwikkeling om jong kinders toe te rus met die nodige vaardighede om ‘n suksesvolle skoolloopbaan te begin.
Deur Leer en Leef-kursus het Christel besef dat hierdie program gebruik kan word om haar gemeenskap te verbeter. Die proses het begin deur die dagsorgfasiliteite en creches in die “townships” te identifiseer, wat dringend hulp nodig het.
APD vier 30 jaar met dinee en rolstoel-rugbydag
GEMSBOK-UPINGTON: Die APD (Assosiasie vir Persone met Gestremdhede) is vanjaar 30 jaar oud en om dit te vier word daar op 21 Junie ‘n gesellige dinee by Desert Palace Casino gehou.
Die volgende dag word daar ‘n Rolstoel Rugbytoernooi saam met die Mustang Rolstoel Rugbyklub by die Kalahari Mall gehou.
Dertig jaar gelede het Monica Gerhard die APD-tak op Upington gestig omdat daar ‘n behoefte aan ondersteuning vir persone met gestremdhede was. Dit was ook nodig dat daar mense is wat ‘n stem kan wees vir persone met gestremdhede.
Siyathemba Polisiestasie vir Dingleton
GEMSBOK-DINGLETON: Die Siyathemba Polisiestasie is vroeër die maand amptelik geopen.
Woensdag, 8 Mei was 'n belangrike mylpaal in die reis van die Dingleton-hervestigingsprojek, toe Kumba Iron Ore die Siyathemba-polisiestasie amptelik oorhandig het.
Hierdie belangrike geleentheid was die hoogtepunt van jare se harde werk, samewerking en onwrikbare toewyding tot die welstand van die gemeenskap.
Die Siyathemba Polisiestasie oorhandiging is 'n bewys van die krag van samewerking en kollektiewe optrede.
Pragtige rotstuin deur Kakamas Belangegroep opgerig
GEMSBOK-KAKAMAS: Kakamiete moes die afgelope paar jaar baie klippe versit om ‘n vullishoop by die ingang van die dorp, in ‘n spog-rotstuin te omskep.
Ten spyte van vele versoeke vanaf die gemeenskap en later die Kakamas Belangegroep aan die Kai Garib Munisipaliteit en selfs die gesondheidsinspekteur om sedert 2017 iets aan die vullishoop by die ingang van die dorp te doen, moes inwoners maar self die klip aan die rol sit om die estetiese integriteit van die dorp te red.
Die belangegroep het hulle na die destydse waarnemende munisipale bestuurder, mnr André Phete, gewend en toestemming gevra om die munisipale tuin te omskep en mooi te maak.
Hulle belê in hul personeel
Boomplaats Abattoir buite Upington, het die Rooi-vleis Abattoir Ver-eniging se jaarlikse konferensie bygewoon.
Dit is verlede week by die Lord Charles Hotel in Somerset Wes gehou.
Boomplaats Abattoir is vereer met 'n sertifikaat vir 'n Lae deurset slagpale, wat tydens 2023, die meeste opleiding verskaf het aan hulle personeel.
Hulle het prysgeld ter waarde van R15 000 ontvang wat hulle kan aanwend vir verdere personeelopleiding. Op die foto is Flippie Ludick (bemarkingsbestuurder van Boomplaats en
Desert Beef Abattoir) en Agriseta se verteenwoordiger.
Rioolreuke weer ondersoek
GEMSBOK-UPINGTON: Rolspelers, wat die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommisie en Afriforum Upington, insluit - het Maandag met die Dawid Kruiper Munisipaliteit se direkteur van siviele ingenieursdienste, mnr. Padwald Jonker, ‘n ter plaatse besoek aan die dreineringsgebied tussen die Kalahari Mall en Hoërskool Duineveld in Malherbestraat, die water afvoer kanaal, wat onder die treinbrug in Schröderstraat deur loop en ander kwel punte, afgelê.
Die doel van die besoek om ‘n oorsaak vir en gesamentlike oplossing vir die riool-agtige reuke wat uit hierdie dreineringsgebied kom te vind.
Oranjehof hou Saterdag 'n Straatmark
GEMSBOK-UPINGTON: Die Oranjehof Tehuis vir Bejaardes hou Saterdag vanaf 09:tot 14:00 ‘n groot straatmark.
Du Plessiesstraat, die straat by die hoofingang van die tehuis, word spesiaal vir die doel afgesper.
Die straatmark word in samewerking met Upington Boeremark gehou en ‘n groot verskeidenheid produkte sal te koop aangebied word.
Dit beloof om ‘n feestelike geleentheid te wees. Cazebo’s van alle kleure, sal in die straat opgeslaan word en tafels met produkte gaan onder die bome en op die grasperk van die tehuis uitgepak word.
Die matrone van die tehuis, Adri Calisi, sê die opgewondenheid is voelbaar in die gange en woonstelletjies by die tehuis. Daar word gehekel, brei en krale gemaak vir die handwerktafel.