Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Kolskoot Vleismark in Upington, van wie Hermanus en Madelein Stevens die eienaars is, het onlangs die nasionale toekenning by die 20ste jaarlikse "Best Business Cleaver Awards" in Kaapstad gewen vir hul voortreflike kliëntediens en gehalte vleisprodukte. 
In die kategorie "Industry Favourite Award" het Hermanus se bekende vleismark in Upington sukses behaal met uitmuntende bestuursvernuf. "Harde werk bring sukses. Ook die wyse waarmee jy jou kliënte en werkspan hanteer, is van kardinale be-lang", sê Hermanus. 


“Ons is baie trots op ons goeie spanwerk en die volgehoue ondersteuning van ons kliënte”.
Tydens die prysuitdelingseremonie in Kaapstad het 'n familielid die gesogte prys ontvang. Hermanus het besluit om nie daarheen te reis nie, omdat sy vrou alreeds swanger is met hul eersteling. 
"Ons sou nie hierdie heuglike oomblik beleef het nie, was dit nie vir my span se goeie en harde werk nie," sê Hermanus. "Hulle is ons ysterspan".             
(Berig: Nick Pretorius)