Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KURUMAN: Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het onlangs die 7de jaarlikse provinsiale Mediese nooddienste-dagviering by Batlharos-sportterrein, Gase-gonyana plaaslike munisipaliteit,  aangebied.
Die doel van die Mediese nooddienste (EMS) dag was om bewustheid van die rol van EMS binne die land te verhoog en ‘n platform vir erkenning en spesiale prestasies te skep- asook om alle EMS-personeel te vereer wat dikwels die roeping van diens te bowe gaan.
Mediese nooddienste spanne kon hulle vaardighede ten toon stel met verskillende nagebootste situasies.
Die departement het ook ‘n  EMS-toekenningseremonie aangebied - voor die langverwagte Provinsiale EMS-dagviering.
Hierdie toekenningseremonie is daarop gemik om alle EMS-personeel te waardeer en erkenning te gee wat dikwels verder gaan as die pligte.


Benoemings vir verskeie kategorieë vir uitstaande prestasies sluit in:
1. Mees professionele oproepsen-trumoperateur
2. Mees professionele EBW-praktisyn in distrik
3. Mees doeltreffendste opvoeders in 2023
4. EMS-kader van die jaar: Beyond the call of duty
5. Beste EBW-student 2023
6. EMS bestuurder van die jaar.
7. Beste presterende distrikspan
8. Beplande vervoerder vir pasiënte wat die meeste omgee en akkommo-deer vir 2023.
9. Mees taktvolle werknemer.