GEMSBOK-CALVINIA: Die Sonskyn Dienssentrum Calvinia het verlede week behoorlik die liefde gevier en saam met Sorgvliet Tehuis, ‘n baie geslaagde Valentynsoggend gehou.
Die groep het geopen met, “Blye versekering”en daarna het pastoor Cloete ‘n gebed gedoen.
Almal is deur Katy welkom geheet en juffrou Jooste het almal geluk gewens wat in die tyd verjaar het of wat hul huweliksher-denking gevier het.
Big Walk vir HeartKids die naweek
GEMSBOK-UPINGTON: Die Van der Westhuizen-gesin van Upington, hou op 23 Februarie 2024 om 18:00 ‘n Big Walk vir HeartKids SA by die Eiland.
Elke jaar in Februarie word daar op verskillende plekke in Suid-Afrika “Big Walk’s” gehou.
HeartKids SA is ‘n nie-winsgewende organisasie wat hulle toespits, om, om te sien, na die emosionele welstand van die ouers met kinders wat hartprobleme het.
Charl en Vanessa se dogter, Leilah, is in Julie 2015 met ‘n kroniese hartafwyking gebore.
Dr Andrè kuier weer hier
GEMSBOK-UPINGTON: Gewilde motorfietsryer-dokter, dr Andrè Hattingh, het weer Vrydag sy jaarlikse besoek aan Upington gedoen.
Ride for a Child, ’n jaarlikse liefdadigheidsmotorfietsrit van 7 000 km regoor Suid-Afrika om fondse in te samel vir minderbevoorregte kinders se operasies en mediese behandeling, sal op 24 Februarie ’n wêreldrekord probeer om die meeste motorfietse in verspringende formasie in Jeffreysbaai te laat ry.
Kantoorbestuurder, Joyce Crompvoets, het gesê Ride for a Child is vyf jaar gelede deur dr André , die stigter en HUB van Pediatric Care Africa, geïnisieer.
ATKV Skryfskool op Springbok aangebied
GEMSBOK-SPRINGBOK: Daar is onlangs ‘n tweedae ATKV Skryfwerkswinkel op Springbok gehou.
Die werkswinkels is die herhaling van ‘n wenresep deur skrywer Anzil Kulsen en lewensafrigter, Coba Röhm, #coachCoba soos haar leerders haar noem.
Vir die ATKV is dit so belangrik dat kontreistories, unieke vertellings, ervarings en verhale vanuit die verskillende diverse sprekers van Afrikaans opgeteken of geskryf moet word.
Daar is soveel skrywers in gemeenskappe, oor die ganse SA, wat nooit die lig sien nie.
Deur die ATKV Skryfwerkswinkels poog Anzil Kulsen om skrywers die nodige riglyne te gee, vanaf die teoretiese bou van ‘n prosastuk tot by die proses van publikasie.
Skaap & Bees Voerkraaldag word aangebied
GEMSBOK-UPINGTON: As deel van die Upington Landbou Expo se program, word daar weer die jaar ‘n Slagkompetisie by Desert Beef Abattoir gehou.
Desert Beef/Boomplaas bied op 3 April weer ‘n Skaap & Bees Voerkraaldag aan. Daar gaan ‘n vol program vir belangstellendes aangebied word.
Mnr. Gert Fourie, sameroeper van grootvee by die skou, vra boere om die dag by te woon. Baie moeite word gedoen om die diere voor te berei en om die dag te reël.
Finaliste vir Mej Upington Skoukoningin
Die finaliste van Mej. Upington Skoukoningin is onlangs aangewys. Die Upington Landbou Expo word vanaf 4 tot 6 April gehou. Vanjaar het hulle die Animal Welfare Society op Upington gekies as hulle liefdadigheidsprojek. Die finaliste van links is: Lauren Snyders, Leande. Du Preez, Charlene Papier, Nicole Snyders, Ankijahh Olivier, Mahogany Du Preez, Theone Labuschagne, Amelia Bothma, Alexa Pieterse en Morita Miggel.
Die kroning van Mej. Upington Skoukoningin, word Donderdagaand, 4 April, by die skougronde gehou. Micheal Lindt sal tydens die kroning optree. Foto: Donovan Photography.
Vertoning vir wyle Jeffrey van Wyk beplan
GEMSBOK-UPINGTON: Familie en vriende van die jong akteur en jeugmentor, wyle Jeffrey van Wyk, wat op 25 Desember 2023 oorlede is, het besluit om sy werk voort te sit en hom so te onthou en vereer.
Jeffrey Van Wyk word beskryf as ‘n baie entoesiastiese persoon - wat lief was om mense te vermaak.
Jeffrey het ook ‘n passie vir die reel van vertonings gehad en was nie net betrokke in die film industrie nie.
Jeffrey was deel van die vermaakspan “Teamlimitless” en hulle het vertonings gehou vir opkomende kunstenaars - om hulle talent bekend te stel en voor ‘n gehoor blootstelling te gee.
Dit was Jeffrey se droom om ‘n groot kunstenaar Upington toe te bring vir ‘n vertoning en so wou hy die ander plaaslike kunstenaars die geleentheid gegee het om ook op te tree.
Katriena Esau word 91 jaar oud
Ouma Katriena Esau, die enigste oorblywende spreker van die bedreigde inheemse Suid-Afrikaanse taal N|uu, ?Xuu Katrina Esau, het gister (Sondag, 4 Februarie 2024) haar 91ste verjaarsdag gevier.
Hierdie merkwaardige vrou en kampvegter vir die behoud van haar moedertaal, is verlede jaar met ‘n eredoktorsgraad deur die Universiteit van Kaapstad (UK) toegeken.
Kai !garib steeds in warm water oor dienste
GEMSBOK-KENHARDT: Droë-keel en moedelose inwoners van Kenhardt het verlede week, om ‘n memorandum te oorhandig, voor die Kai !Garib Municipality se kantore vergader.
Nadat die gemeenskap nou al vir weke sonder water is, eis die warm onder die kraag gemeenskap dringende oplos-sings en dienslewering van die munisipaliteit.
Die gemeenskap het in hul griefskrif aangedring dat hulle versoeke in ‘n baie ernstige lig gesien moet word. Verder verwag hulle dat die munisipale bestuur binne twee weke ‘n vergadering sal reël met al die direkteure, die burgermeester en munisipale bestuurder - op ‘n tyd en plek waar ons ook die gemeenskap se insette kan aanhoor.
Hittegolf in Dr Harry Surtie Hopsitaal
GEMSBOK-UPINGTON: Die Gemsbok het vanoggend besoek by die Dr Harry Surtie Hospitaal afgelê, nadat ons verskeie klagtes ontvang het dat die gebrek aan lugversorging in die hospitaal ‘n ernstige impak op gesondheidsorg het.
Hoewel lugversorging in jou dag tot dag bestaan as ‘n luuksheid gesien word, kan geen hospitaal funksioneer daarsonder nie.
Buiten vir die impak op beide die gemoedere van die pasiënte en personeel, is daar ernstige gesondheidsrisikos wat erge hitte - soos dit wat in die Benede Oranje gebied ervaar word, meebring.
In Februarie verlede jaar is daar wingerdwerkers aan hitte uitputting dood - vanjaar mag die hitte-doodstyding homself dalk net binne die mure van die streekshospitaal op Upington, herhaal.
Prosopis-projek vorder goed
GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington APD en Rhodes Universiteit se CDC-span, is nou al ‘n tyd lank besig om alles reg te kry vir die goedgekeurde Prosopis-projek.
Verlede week was almal by die APD (Sentrum vir Persone met Gestremdhede) baie opgewonde, omdat die biobeheerde Agnippe (Evippe) “knope” op ‘n aantal bome vrygelaat is.
Die plan is om insekte groot te maak en op terreine rondom die Noord-Kaap vry te laat.
Oranjerivier het weer gestyg
GEMSBOK-UPINGTON: Die Benede-Oranjerivier het die afgelope paar weke stelselmatig gestyg en het Dinsdagoggend teen 865 kumeks deur die dorp gevloei.
Die Gariepdam het die 30 ste Desember begin oorloop en Vanderkloofdam die 10 de Januarie. Die uitvloei uit Vanderkloof het die 7de Januarie begin toeneem toe al twee turbines die eerste keer kon loop en nog toegeneem toe die dam begin oorloop, het mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier Landbou-Unie gesê.