Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Fearless Child, ‘n organisasie wat hul bemoei met die welstand van kinders en vroue het ‘n baie geslaagde vroue-oggend gehou waar deelnemers kon praat oor hul pyn en leed.
Sowat 50 deelnemers het onder die tema “Making me whole again” in die Protea Inn Hotel bymekaargekom waar hulle heerlike tee en kolwyntjies geniet het. 
Voor die sprekers opgetree het, het Nomangesi met gebed geopen waarna Vhangi die dames voorgegaan het met sang. 
In haar openingstoespraak het die voorsitter,  mev Nomangesi Mchlauli van Fearless Child gesê dat die "Making me whole Again”,  'n lewensvaardigheidsprogram is wat vandag by deelnemende vroue sal pas om 'n gevoel van eiewaarde te kry - wat positiewe waardes, gesonde gewoontes inboesem". Sy het herhaal dat vroue wat herhaalde huweliksmislukkings, ontrouheid, traumatiese verhoudings, egskeiding of dood van 'n huweliksmaat die skuldgevoelens, skaamte en selfverwyt wat hul ervaar, moet loslaat en haarself moet begin liefhê om die siklus van herhaalde mishandeling te breek.


Die eerste spreker mev Carmen Renisons het vroue gemotiveer deur Johannes 4:5-30 te vertel van die Samariese vroue wat gebroke was.  Sy het ook die dames wat vertrap, verwaarloos, uitgestoot en mishandel word, opgeroep om op te staan ​​en uit te praat. Sy het gesê vroue sal soms voel almal is teen hulle, hulle sal voel niks werk vir hulle nie weens die emosionele, ekonomiese, fisieke en seksuele mishandeling waardeur hulle gaan. Selfs dit moet hulle nie keer om uit te praat nie. 
"Julle is vroue van krag, vroue van waarde en doel, 'n vrou met 'n plan." Vroue word gebore om lief te hê en nie om te sukkel nie, so kom ons, wees vroue wat mekaar ondersteun en nie op mekaar neersien nie, hê Jesus in jou lewe, want Hy kan vir al jou swaar vrag sorg.”
Kerse is aangesteek ter ere van vroue wat weens geweld oorlede is.  
Vhangie se bydrae tot die rondetafelgesprek het gefokus op die wedloop wat ons in ons lewe hardloop en soms kon ons nie die wedloop voltooi nie, omdat ons te swaar is – ons het te veel klere aan. Dit is belangrik dat ons afstuur wat ons verhinder sodat ons in die wedloop kan bly.
Net so wanneer jy na jouself in ‘n spieël kyk - of die spieël stukkend is, kan jy steeds sien jou gesig wat heel is. Laat jou gebrokenheid dus vir jou sê dat alles verby is, want niks is verby totdat God sê dis verby nie. 
Almal het die oggend geniet en hul ondersteuning aan die organisasie belowe. 
Persone wat by Fearless Child wil aansluit of hulle wil steun, kan Nomongesi skakel by 061 677 8682.