Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Augustus is bekend vir sy wind. Soms is sy stofstorms vir ons te veel, maar net totdat ons onthou dat dit ‘n nuwe seisoen inlei wat alles uit hulle winterslaap moet skud sodat daar nuwe vrug kan kom. 
En saam met 2024 se Augustuswind het Daniel van Niekerk op Upington aangewaai gekom vir ‘n nuwe seisoen in sy eie lewe, asook vir die mense van ons dorp en omgewing.
Verby is die dae dat haarsalonne die plek was waar kliënte die skindernuus van die dorp kom optel het. Mense het eenvoudig net nie meer tyd om onnodig lank te sit nie. Hulle wil vinnig en flink weggehelp word deur kundige haarstiliste wat in hulle behoeftes voorsien en hulle soms kan motiveer om iets nuuts te waag met hulle voorkoms. 


Gedagtig daaraan dat ‘n mens se hare eintlik jou kroon is, is jou haarstilis die persoon wat dalk die grootste aandeel aan jou voorkoms het, daarom benodig kliënte iemand met ‘n natuurlike Godgegewe talent wat hul tyd in die salon sal uitkoop en respekteer.
Daniel van Niekerk beantwoord aan elkeen van hierdie kwaliteite en aan nog vele meer!
In 1989 begin sy opleiding as stilis by Carlton Hair waar sy uitsonderlike talent vinnig raakgesien word, sodat hy in ‘n korter periode klaarmaak as die voorgeskrewe tydperk en verwerf hy boonop ook die Vakleerling van die Jaar toekenning. Sy talent het hom al na 5-ster haarsalonne dwarsoor die wêreld geneem en tydens sy tydperk by Sandton Hair Intercoiffure bedien hy vele internasionale kliënte.
In sy 32 jaar as haarkapper bewys hy homself as ‘n kundige op die gebied van haarkleur, die sny en stilering van énige haartipes - ook stérk krulhare. Hy is geliefd onder almal – van pensionarisse tot jongmense en bekend vir sy kwaliteit afwerkings. Hy het ‘n passie dat élke kliënt mooi moet voel wanneer hulle onder sy hande deurgeloop het. 
Omdat Daniel soveel talent en ondervinding het, is hy selfversekerd, werk hy vinnig en kan hy by sy tydskedules vir bepaalde afsprake hou sodat die kliënte ook by hulle dagbeplannings kan hou. Geen wonder dus dat bekendes soos Amy Kleynhans, André Swartz, Edith Venter, Marga van Rooi, André Odenaal en Nadine al voor hom kom sit het nie.
Daniel, só kom seën Augustus se wind vir jou én vir ons met ‘n nuwe seisoen en nuwe vrug! Geniet Upington en sy mense!
Haarstilis: Daniel van Niekerk, 
Salon: We Style by Daniel;  
Selnommer: 068 507 0461
Tye: Woensdae en Vrydae 08:00 – 17:00
 Saterdae 08:00 -13:00