Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die natuur is net so deel van ons erfenis, soos die taal wat ons praat en die kultuur waaraan ons behoort,  daarom het Afriforum Upington en die Gemsbok hande gevat met die Departement van Waterwese en Bosbou - om ‘n skenking van bome aan verskeie informele behuisingsgebiede se gemeenskapstuine te maak.
Die neiging om gemeenskapstuine te plant, waar daar eens hope rommel aan die rand van die “plakkerskampe” langs die spoorlyn op Upington was, het sowat drie jaar gelede begin toe lede van die gemeenskappe die  ‘Hou ons dorp skoon’ en ‘ons sal ‘self’ inisiatiewe wat deur Afriforum in die gemeenskap begin is, raakgesien en besluit het om trots in hul gemeenskap terug te neem deur dit self te doen.


By die Gemsbok verwys ons hierna as die Ronel Brou-effek, aangsien sy en haar onmiddelike gemeenskap van die eerste gemeenskapstuine aangebring het.
Spoedig het al hoe meer lede van die gemeenskap ingekoop in die idee dat, om jou omgewing op te bou, is om jouself en jou gemeenskap op te bou.
Ronel kon ongelukkig nie self ‘n boom vir haar tuin ontvang nie, maar Afriforum en Gembsok het seker gemaak dat haar boom 
“In die gees van boomplant- en nasio-nale erfenismaand in September, het ons besluit om sowat 40 kareebome in die gemeenskappe te versprei. Die Kareeboom is een van die drie bome van die jaar en groei baie goed in die Noord-Kaapse klimaat.” het Werner Strauss gesê.
Elkeen van hierdie tuinmakers se versoek aan die Gemsbok en Afriforum, was om die Dawid Kruiper Munisipaliteit te vra vir meer rooigrond en dalk selfs water.
Almal droom van tuine met vrugte bome, waaronder die bejaardes kan sit en waaruit die gemeenskap kan eet. 
Hopelik sal hierdie inisiatief ons lesers inspireer om in hul voeruite te klim en by die oorbrug tussen die industriële gebied, langs die spoorlyn af te ry en dalk blokke gras, blomsade, plante en miskien selfs vrugtebome en groente saad, vir hierdie gemeenskapstuiniers te gaan gee.
Miskien kan Dawid Kruiper gedurende die warmste dae ‘n watertrok stuur om die tuine goed nat te lui - want nou doen baie van die mense dit sommer met hulle ou bad en waswater.

 “Miskien help hierdie gebaar om menslikheid en buurmanskap ons nuwe erfenis te maak, waar ons oor die sosiale-grense mekaar bystaan en opbou om ‘n beter Upington vir ons kinders te laat” meen Marina Schee-pers, joernalis van die Gemsbok.