GEMSBOK-UPINGTON: Die uitmuntende dienste van ‘n polisie kontabel van Rosedale het die afgelope week die harte van derduisende Gemsbok-volgers op sosiale media aangeraak.
Dit volg nadat ‘n ontstelde bejaarde egpaar, mnr en mev Fritz van Rosedale, die polisiestasie onlangs besoek het - in ‘n poging om hulp te soek om hul dogter - met wie hulle kontak verloor het in Londen in die Verenigde Koninkryk - op te spoor.
Die aangewese vuurwapenbeampte, konstabel Mirjam Bock, verbonde aan Rosedale SAPD - het gehoor van hul lot en die ekstra myl gestap.
Upington Campus vier Gewapende Magtedag
GEMSBOK-UPINGTON: Upington Campus van die NCR TVET College het op 21 Februarie ingeskakel by die internasionale veiligheidsgemeenskap vir die viering van Gewapende Magtedag.
Hierdie is ‘n groep studente wat vir die nuwe kursus by Upington Kampus in 2024 geregistreer het. Die kursus word Veiligheid in die Gemeenskap (Safety in Society) genoem en is ‘n driejarige nasionale beroepsgerigte kwalifikasie wat oor vlak 2 en vlak 4 strek.
Die student se kennis van die beginsels van Suid-Afrika se wette word verbreed en hy of sy word opgelei om deel te raak van die po-ging, om die gemeenskap ‘n beter en veiliger omgewing te maak.
UpingtonLandbou Expo - 4 - 6 April
GEMSBOK-UPINGTON: Oor net meer as ‘n maand is dit tyd vir ons jaarlike Landbou Expo.
Vanjaar is die datum vroeër gemaak, om aan te pas by ander skoutye in die land.
Die terrein personeel is hard besig om die terrein voor te berei, sodat alles netjies kan wees vir wanneer die Expo gehou word.
Een van Upington se verf handelaars, Dulux, het ook die tafeltjies en bankies in die “foodcourt” pragtig geverf met helder, vrolike kleure.
Skougangers word aangemoedig om onder die koeltebome te gaan parkeer. Die hoofhek is die hek by die motorhandelaars.
Die skoukomitee het baie moeite gedoen om ‘n interessante program saam te stel wat in baie skougangers se smaak sal val.
Waar is die Quiver Tree route?
‘n Droom het waar geword toe mevv Maxi Compion en Marina Bothma tesame met mnr Johan van Schalkwyk die Kokerboomroete gestig het in 2008.
Die Noord-Kaap bly een van die beste plek-ke om te besoek. Die Kokerboomroete is geskep om ‘n geleent-heid te skep vir die toeris om die veelsydigheid van hierdie streek te ervaar. Hetsy die natuur, kos en wyn asook immergewilde padstalle.
Die roete strek vanaf Upington – Kanoneiland – Keimoes – Neilersdrift – Kenhardt – Friërsdale – Kakamas – Augrabies – Riemvasmaak. Dit sluit die Augrabies Valle Nasionale Park in asook die R359 grondpad wat van Louisvale na Kakamas strek.
Sonskyn en Liefde loop hand aan hand
GEMSBOK-CALVINIA: Die Sonskyn Dienssentrum Calvinia het verlede week behoorlik die liefde gevier en saam met Sorgvliet Tehuis, ‘n baie geslaagde Valentynsoggend gehou.
Die groep het geopen met, “Blye versekering”en daarna het pastoor Cloete ‘n gebed gedoen.
Almal is deur Katy welkom geheet en juffrou Jooste het almal geluk gewens wat in die tyd verjaar het of wat hul huweliksher-denking gevier het.
Big Walk vir HeartKids die naweek
GEMSBOK-UPINGTON: Die Van der Westhuizen-gesin van Upington, hou op 23 Februarie 2024 om 18:00 ‘n Big Walk vir HeartKids SA by die Eiland.
Elke jaar in Februarie word daar op verskillende plekke in Suid-Afrika “Big Walk’s” gehou.
HeartKids SA is ‘n nie-winsgewende organisasie wat hulle toespits, om, om te sien, na die emosionele welstand van die ouers met kinders wat hartprobleme het.
Charl en Vanessa se dogter, Leilah, is in Julie 2015 met ‘n kroniese hartafwyking gebore.
Dr Andrè kuier weer hier
GEMSBOK-UPINGTON: Gewilde motorfietsryer-dokter, dr Andrè Hattingh, het weer Vrydag sy jaarlikse besoek aan Upington gedoen.
Ride for a Child, ’n jaarlikse liefdadigheidsmotorfietsrit van 7 000 km regoor Suid-Afrika om fondse in te samel vir minderbevoorregte kinders se operasies en mediese behandeling, sal op 24 Februarie ’n wêreldrekord probeer om die meeste motorfietse in verspringende formasie in Jeffreysbaai te laat ry.
Kantoorbestuurder, Joyce Crompvoets, het gesê Ride for a Child is vyf jaar gelede deur dr André , die stigter en HUB van Pediatric Care Africa, geïnisieer.
ATKV Skryfskool op Springbok aangebied
GEMSBOK-SPRINGBOK: Daar is onlangs ‘n tweedae ATKV Skryfwerkswinkel op Springbok gehou.
Die werkswinkels is die herhaling van ‘n wenresep deur skrywer Anzil Kulsen en lewensafrigter, Coba Röhm, #coachCoba soos haar leerders haar noem.
Vir die ATKV is dit so belangrik dat kontreistories, unieke vertellings, ervarings en verhale vanuit die verskillende diverse sprekers van Afrikaans opgeteken of geskryf moet word.
Daar is soveel skrywers in gemeenskappe, oor die ganse SA, wat nooit die lig sien nie.
Deur die ATKV Skryfwerkswinkels poog Anzil Kulsen om skrywers die nodige riglyne te gee, vanaf die teoretiese bou van ‘n prosastuk tot by die proses van publikasie.
Skaap & Bees Voerkraaldag word aangebied
GEMSBOK-UPINGTON: As deel van die Upington Landbou Expo se program, word daar weer die jaar ‘n Slagkompetisie by Desert Beef Abattoir gehou.
Desert Beef/Boomplaas bied op 3 April weer ‘n Skaap & Bees Voerkraaldag aan. Daar gaan ‘n vol program vir belangstellendes aangebied word.
Mnr. Gert Fourie, sameroeper van grootvee by die skou, vra boere om die dag by te woon. Baie moeite word gedoen om die diere voor te berei en om die dag te reël.
Finaliste vir Mej Upington Skoukoningin
Die finaliste van Mej. Upington Skoukoningin is onlangs aangewys. Die Upington Landbou Expo word vanaf 4 tot 6 April gehou. Vanjaar het hulle die Animal Welfare Society op Upington gekies as hulle liefdadigheidsprojek. Die finaliste van links is: Lauren Snyders, Leande. Du Preez, Charlene Papier, Nicole Snyders, Ankijahh Olivier, Mahogany Du Preez, Theone Labuschagne, Amelia Bothma, Alexa Pieterse en Morita Miggel.
Die kroning van Mej. Upington Skoukoningin, word Donderdagaand, 4 April, by die skougronde gehou. Micheal Lindt sal tydens die kroning optree. Foto: Donovan Photography.
Vertoning vir wyle Jeffrey van Wyk beplan
GEMSBOK-UPINGTON: Familie en vriende van die jong akteur en jeugmentor, wyle Jeffrey van Wyk, wat op 25 Desember 2023 oorlede is, het besluit om sy werk voort te sit en hom so te onthou en vereer.
Jeffrey Van Wyk word beskryf as ‘n baie entoesiastiese persoon - wat lief was om mense te vermaak.
Jeffrey het ook ‘n passie vir die reel van vertonings gehad en was nie net betrokke in die film industrie nie.
Jeffrey was deel van die vermaakspan “Teamlimitless” en hulle het vertonings gehou vir opkomende kunstenaars - om hulle talent bekend te stel en voor ‘n gehoor blootstelling te gee.
Dit was Jeffrey se droom om ‘n groot kunstenaar Upington toe te bring vir ‘n vertoning en so wou hy die ander plaaslike kunstenaars die geleentheid gegee het om ook op te tree.
Katriena Esau word 91 jaar oud
Ouma Katriena Esau, die enigste oorblywende spreker van die bedreigde inheemse Suid-Afrikaanse taal N|uu, ?Xuu Katrina Esau, het gister (Sondag, 4 Februarie 2024) haar 91ste verjaarsdag gevier.
Hierdie merkwaardige vrou en kampvegter vir die behoud van haar moedertaal, is verlede jaar met ‘n eredoktorsgraad deur die Universiteit van Kaapstad (UK) toegeken.