Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Mase Manopole is terug as LUR vir Landbou in die Noord-Kaap. 
Hierdie keer beplan sy om te fokus op klimaatsveerkragtigheid, vroue- en jeugbemagtiging, en die verbetering van toegang tot hulpbronne vir boere.
Mase Manopole is onlangs heraangestel as die LUR vir die Noord-Kaap se departement van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming. Manopole het haar toewyding verseker om ‘n tasbare verskil in boere se lewens in die provinsie te maak. Manopole het gesê sy beplan dat die Noord-Kaap sal lei in werkskepping en landbou-uitnemendheid soos voorheen. 
Sy het die belangrikheid van samewerking met belanghebbendes in die sektor beklemtoon.
“Ons planne behels die voldoening aan die uiteenlopende behoeftes van beide klein- en grootskaalse boere, aangesien dit noodsaaklik is vir volhoubare groei van ons landbousektor.


“Belangrik, inklusiewe beleid wanneer nodig, die ontwikkeling van nuwe beleide en implementering daarvan wat billike onder-steuning en hulpbronne aan beide klein en grootskaalse boere bied, om werksgeleenthede te skep,” het sy gesê.
Manapole het gesê toegang tot hulpbronne is van kardinale belang vir boere om voedselsekerheid regoor die Noord-Kaap te verseker, veral in dele wat vir baie jare deur verwoestende droogtes geraak is.
“Die verbetering van toegang tot befondsing, opleiding en tegnologie om boere te help om produktiwiteit en volhoubaarheid te verbeter. Die fasilitering van beter marktoegang vir kleinskaalse boere deur koöperatiewe modelle en direkte bemarkingsinisiatiewe.
“Bevordering van landbounavorsing in samewerking met  die  Landbounavorsings-raad (LNR) en inno-vasies om uitdagings aan te spreek en boer-derypraktyke vir verskeie skale te optimaliseer,” het sy gesê.
Vyf fokusareas om NC-landbou te dryf
Manopole het sleutelfokusareas geïdentifiseer om die vooruitgang van die landbousektor te dryf:
Klimaatveerkragtigheid
Vroue en jeug bemagtiging
Voedselsekuriteit
Samewerkings
Beleidsverbetering
“Ek is geëerd en bly vir die vertroue wat aan my geskenk is om in die sewende administrasie te dien. Ek is daartoe verbind om onvermoeid te werk, om die boere in die sektor te ondersteun en te verbeter - om voedselsekerheid vir ons provinsie te verseker,” het sy gesê.