Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: By die NG Kerk Oos se Amper Mahala Winkel, doen jy nie net inkopies, vir “amper mahala” nie, jy beleef ook God se liefde daar.
Verlede jaar, gedurende Mei/Junie, het die kerk se koster, Delene Moller, met die winkel begin. Sy was voorheen by die NG Kerk Keimoes en daar is so ‘n winkel, toe het sy gedink dit kan hier op Upington ook goed werk.
Delene sê van die begin af het sy baie goeie ondersteuning gekry. “Ons is werklik geseënd,” het sy gesê. “Mense van oral het betrokke geraak. Vriende, kennis en gemeentelede het mildelik bygedra. Hier is kamers vol klere - vir mans, dames en kinders, ook snuisterye en linne.”
Dr Hennie Pistorius, leraar by die gemeente, sê die winkel is gefokus op die invordering van kwaliteit tweedehandse produkte, klere en ander toebehore. Die herverkoop van dié produkte word beskikbaar gestel teen uitstekende pryse tot lidmate en die breër gemeenskap. 


“Die Amper Mahala winkel is egter nie net ‘n tweedehandse winkel nie, maar ook ‘n bediening waar verskillende mense vanuit ń verskeidenheid demografië ontmoet word, verhoudings gebou word, nood geïdentifiseer word en waarlik geloofsgemeenskap in die breër sin van die woord kan wees. Enige donasies is welkom! Hiér word daar nie net klere verkoop nie, maar vriendskappe gekweek,” sê dr Pistorius.
Delene sê sy kan  sien  hoe die ekonomie almal druk. Mense kry nou die geleentheid om goeie klere teen baie goeie pryse te koop. Klere wat ‘n bietjie ouer is, word vir R10 verkoop. 
“Nou gedurende die wintertyd, is die meeste van ons kinderklere net R10 per item. Ons wil nie hê iemand moet koud gaan slaap nie.
“En niks is verniet nie, sê Delene. ‘n Mens waardeer eers iets as jy daarvoor betaal het, al is dit ook net R10.”
Daar is baie klere wat so te sê nuut is en party klere is nog nooit gedra nie.
So deur die koop en verkoop vind daar ook evangelisasie plaas. “Jy leer van almal se lief en leed, leer by mense van hulle geloof en deel ook God se liefde aan ander. Ons gee ook Bybels of dagstukkie boeke (soos beskikbaar) as daar mense is wat nie ‘n Bybel het nie.
Dit alles doen Delene nie alleen nie, sy het ‘n span wat haar help en dit wissel van dag tot dag. Marlene le Grange het betrokke geraak by die winkel en doen herstelwerk aan klere, indien nodig,  sy help ook om die klere uit te sorteer en pryse te bepaal. En dan is daar  Siena Pienaar, Kevin en Ronwall Links, sonder wie se hulp die winkel nie kan bestaan nie. Hulle is werksaam by die kerk en ontvang klere, help met die sorteer, pakkery en verkope.
Die skenkings kom van oral af, vriende vertel hul vriende. Verlede week het hul ook ‘n besending van Groblershoop af gekry. Mense wat klere of ander artikels wil skenk, kan dit by die saal kom afgee of kan met Elna The-ron by die Kerkkantoor (054-338 0378) navraag doen.
Die winkel is elke dag oop (08:30 tot 15:00), maar Saterdae oggende kom die meeste mense. Dan help gemeentelede om die winkel te beman, want dit kan soms baie besig daar raak.
Delene sê sy het nog baie planne vir die winkel. Sy wil ‘n biblioteek daar begin. Nuwe intrekkers, nie net van die gemeente nie, maar ook in Upington, kan Saterdae daar kom gesels, koffie drink en so mense leer ken. “Die Here seën hierdie winkel,” kan Delene nie genoeg sê nie.
Ds Anton Scholtz, die ander leraar by NG Kerk Oos, sê die gemeente is opgewonde oor die Amper Mahala winkel omdat dit een van hul bedienings is wat ‘n geleentheid bied om die kerk se missionale gerigtheid uit te leef. “Verhou-dings word gebou, gesprekke word aangeknoop met mense vanuit verskillende agtergronde en kulture, rondom die Blye Boodskap wat moet uit! Ons opregte dank vir al die harde werk van Dalene en haar span,” sluit hy af.