Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Na 41 jaar van lojale en toegewyde staatsdiens, het Godfrey Kuun, hoof van die ZFM omgewings-gesondheid afdeling, verlede week die tuig amptelik neergelê.
Hy het tydens ‘n raadsvergadering, van die geleentheid gebruik gemaak om die raad en personeel van die ZFM Distriksmunisipaliteit vaarwel te roep.
Godfrey het sy Nasionale Diploma in Omgewingsgesondheid aan die Kaapse Technikon verwerf. 
Godfrey het in sy leeftyd gewerk vir onder andere ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit, Dawid Kruiper Munisipaliteit, Robertson Munisipaliteit en Worcester Munisipaliteit - om maar enkeles te noem.


Hy het die distriksmunisipaliteit met “onderskeiding en volharding” gedien.  In ‘n persverklaring sê ZFM “hy het ‘n magdom ervaring saamgebring wat hy bekwaam in die omgewingsgesondheidsdienste-sektor as geheel toegepas het”.
Die uitvoerende burgemeester, rdl Maryna Basson, en die speaker, rdl Stanley Peterson het die ZFM raad se waardering uitgespreek vir die uitstaande diens wat hy aan die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit en in die plaaslike regeringsfeer in al sy verskillende hoedanighede gelewer het.
“Die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit wens jou geluk met ‘n uitmuntende loopbaan en beste wense vir jou aftrede!”