Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: HILDA KATHLEEN, oftewel ouma Bonnie het Saterdag, 6 Julie, 100 jaar oud geword-'n mylpaal wat vir baie van ons seker nie beskore sal wees nie.
Sy is blind en haar gehoor is sowat 2%, maar die "queen mother" is sommer nog baie gesond en vlymskerp met die mond.  Die "Groot Vergeet" het haar nog nie ingesluk nie. 
Sy kan vir jou nog vertel van haar kinderjare daar doer in die ou Kalahari. Ouma Bonnie is op 6 Julie 1924 in 'n kliphuis op Boksputs in Botswana gebore en is die derde oudste kind van vier van John Sydney en Sophie Martin. Sy is die enigste oorlewende van die Martin-gesin. Kort ná haar huwelik op 19-jarige ouderdom met die kunstenaar en onderwyser Gert Ananias Pretorius het hulle na Upington verhuis waar haar man by 'n laerskool skoolgehou het.

 
"Ek voel so geëerd om 100 jaar te kon haal danksy die Here se liefde en genade. My 12 kinders, waarvan vier alreeds oorlede is en die kleinkinders is almal my vreugde", sê sy. Groot partytjie was Saterdagaand met haar familie en vriende gehou waar verskeie gassprekers opgetree het. 
‘n Broerskind, Johannes Martin het gesê daar is aan hom vertel, dat sy tannie - toe ses jaar oud- lief was om in een van die kliphuis se klein venstertjies te sit en dan het sy die Bybel gelees. "My antie is nog steeds so nederig en baie geduldig met ons almal. En dan is sy so lief vir almal random haar", het Johannes gesê. Vanaand sien ons die lang lewe wat die Here aan haar skenk omdat antie Bonnie haar ouers altyd geëer en respekteer het. 
Ouma Bonnie was 'n lid van die Verenigende Gereformeerde kerk se sustersbond wat in talle kore opgetree het. Sy was ook 'n Sondagskool-onderwyseres en 'n uithaler-klavierspeler. 
Sy woon saam met haar seun, Nick, en dogter Sylvia, in Markstraat 4 en sê dat Sylvia haar goed versorg. Buiten dat sy in 2016 begin blind raak het, haar bene verswak, en sy onlangs met demensia diagnoseer is, skort niks verkeerd met haar gesondheid. 
"Ek voel gesond en God moet hiervoor die eer kry", sê sy. Ouma Bonnie is lief vir sjokolade en sy geniet haar flou swart tee met 'n brosbroodjie veral in die oggend. Coke en piesangs is ook van haar gunsteling versnapperings. Vandag lyk sy baie broos as gevolg van bejaardheid. "God se genade is vandag meer as genoeg vir my en ek is dankbaar en nederig vir wat Hy vir my doen elke dag. Sy son skyn helder vir my", sê ouma Bonnie.