Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Janie Louw is verlede week as die Upington Rotariërs se nuwe president ingehuldig.
Hul jaarlikse presidentsinhuldiging het plaasgevind op 27 Junie 2024 wat by Du Café gehou  is met wonderlike kos, goeie vriendskappe en die deel van hoop wat die Rotariërs bring. 
Die swierige aand is bygewoon deur lede van die Lions-klub, metgeselle, mede-Rotariërs en die eregaste, wat die uitgaande en inkomende presidente ingesluit het.
Die uitgaande president, Rotariër Deon van Zyl, het deur die loop van die aand gefokus op die wonderlike projekte wat die Rotariërs elke jaar aanpak, die families en minder bevoorregte mense van die gemeenskap wat daardeur positief geïmpakteer word en hoe die lede help om ‘n wêreld van hoop te vestig. 


Hy het die lede bedank vir hul onbaatsugtige tyd en opofferings wat hul maak, die tyd wat veral afgestaan word aan die Oranjehof Ouetehuis en die menige kinders wat gehelp word op verskeie maniere. 
Die nuwe inkomende president, Rotariër Jannie Louw, het beaam dat gedurende die 2024-2025 jaar, die klub sal voortbou op die wonderlike basis van die bring van hoop en dat elke liewe lid die kans sal kry om met hul talent, tyd en vindingrykheid weereens die gemeenskap in die breë te dien.
Die Lionsklub het hul spesiale dank uitgespreek vir hul betrokkenheid by die aand en die Rotariërs is besonders dankbaar vir die wonderlike werk wat hulle verrig in die gemeenskap van Upington.  “Baie sterkte aan ons presidentspaar Jannie en Alietze Louw en mag jul oorlaai word met ondersteuning, seën en vragte wonderlike oomblikke in jul diensjaar aan die gemeenskap,” het Len Fourie gesê.