Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Ná talle pogings om die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit te kry om instandhou-dingswerk aan die openbare toilette in Upington te doen het die AfriForum-tak besluit om nou self op te tree. 
Die toilette is in die midde-dorp geleë en is ver-onderstel om toeganklik te wees vir die publiek, maar dit is in só haglike toestand dat g’n mens dit kan gebruik nie. 
Hoewel daar drie vroue is wat hul bes doen om die toilette skoon te hou is daar dringende herstelwerk wat gedoen moet word. 
Die watertenks agter die toilette is heeltemal gebreek; waterpype hang op die grond en water loop op die vloer uit. Voorts is daar geen stopkrane nie en die deure is ook lankal deur vandale afgebreek. 


In ’n poging om vandale af te weer het die vroue begin om R2 te vra om die toilette oop te sluit. 
Dié twee rande is egter nie genoeg om die herstelwerk te verrig nie. 
“Hierdie kwessie is al male sonder tal aan die Dawid Kruiper-munisipaliteit gerapporteer en hoewel ons al aangebied het om te help het die munisipaliteit net aangehou om ’n dowe oor te draai. Ek het self al van die pype gaan regmaak om te verhoed dat die water vrylik loop, maar die AfriForum-tak sal eersdaags begin met herstelwerk aan hierdie toilette,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari. 
“Aan die einde van elke maand kom duisende mense Upington toe om inkopies te doen, SASSA-gelde te kry en ander sake af te handel. Dis ’n skreiende skande dat hierdie toilette hulle enigste opsie is en dat dit in die toestand is waarin dit tans is.”
Sluit vandag nog by AfriForum se Upington-tak aan om ’n verskil in jou omgewing te maak. 
Besoek www.wordlid.co.za.