Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KAAPSTAD: Mnr. Chris Bester, oud onder-burgemeester, gemeenskapsleier en Upington sakeman in die tagtigerjare, is op 28 Junie op die ouderdom van 83 jaar, in die Strand oorlede.
Mnr. Bester, sy vrou Beattie en hul gesin, het diep spore in die dorp agtergelaat. Hulle het in die laat 80’s na Springbok verhuis, waar hy die Spar winkel gekoop het. Later was hy ook die eienaar van die Port Nolloth Spar en Saldana Spar. Op 60 jaar het hy afgetree en in Langebaan gaan bly. Later het hulle in die Strand gaan woon.
Mnr. Bester se seun, Johan, het die Gemsbok Vrydag besoek en ‘n leêr vol Gemsbok uitknipsels vir ons gebring met verskeie berigte van 1976 tot 1985.
Wat ‘n vol lewe het wyle Chris Bester nie gehad nie. Hy het nie net in sy loopbaan uitgeblink nie, maar was ook baie betrokke as stadsraadslid, asook landbou-organisasies en sportklubs.
Mnr. Bester is op 9 Maart 1940 in Stellenbosch gebore en het ook daar skoolgegaan. Reeds van kleintyd was hy aangetrokke tot die sakewêreld en in 1966 het hy in Upington aangekom as bestuurder van die destydse Woolworths.
Toe dié winkel toegemaak het, het hy in 1982 die hoofbestuurder van die destydse Knowles geword.


Hy was op die stadsraad sedert 1982, stigterslid van die Upington Motorsportklub, stigterslid van Oostelikes Rugbyklub, president van die Kamer van Koophandel, lid van die uitvoerende bestuur van Assacom en ook vise-president van dié organisasie in die Noord-Kaap.
Mnr. Bester het hom baie beywer vir die ontwikkeling van die streek as voorsitter van die Ontwikkelings Vereniging van die Benede-Oranje. Hy het baie gedoen vir toerisme, hy het die belangrikheid daarvan raakgesien en dit beklemtoon. In 1982 skryf hy in die Gemsbok: “‘n Toeris is iemand wat jou streek besoek en jy moet poog om daardie toeris langer te hou, in plaas daarvan dat hy net ‘n nag oorslaap, moet hy langer wil bly.” In 1985 het OK Bazaars vyf winkels van Knowles landwyd oorgeneem. Daarna het mnr. Bester en sy gesin na Springbok verhuis waar hy, saam met drie vennote, die eerste Spar winkel oopgemaak het. Later het hy ook bekend gestaan as  “Mnr Spar” (1992).  Hy het in sy loopbaan as ‘n Spar-eienaar, verskeie pryse vir sy winkels ontvang, onder andere as beste Spar franchise en Spar Retailer. Mnr. Bester het baie klem gelê op voor- en naverkope diens, wat hom baie geliefd onder sy klante gemaak het. 
Op Springbok was hy onder andere lid van die Spar Kaaplandse Gilde. Daar is hy twee agtereenvolgende jare aangewys as “Sakeman van die Jaar”, ‘n bewys van die agting wat hy in die gemeenskap geniet het.
DIENS het hy altyd in hoofletters geskryf. “Vir die publiek met Spar die beste DIENS in die sindelikste winkels met die aantreklikste tentoonstellings van koopware teen die billikste prys lewer. Dit kan net behaal word as ‘n mens oor lojale, goed opgeleide en toegewyde personeel beskik”, het hy in  die Supermarket & Retailer van 1992 geskryf nadat hy as Mnr. Spar aangewys is.
Mnr. Bester word oorleef deur sy vrou, Beattie, twee seuns Johan, Christoff en dogter, Jacorine Meier en vier kleinkinders.