GEMSBOK-KAKAMAS: Kakamiete moes die afgelope paar jaar baie klippe versit om ‘n vullishoop by die ingang van die dorp, in ‘n spog-rotstuin te omskep.
Ten spyte van vele versoeke vanaf die gemeenskap en later die Kakamas Belangegroep aan die Kai Garib Munisipaliteit en selfs die gesondheidsinspekteur om sedert 2017 iets aan die vullishoop by die ingang van die dorp te doen, moes inwoners maar self die klip aan die rol sit om die estetiese integriteit van die dorp te red.
Die belangegroep het hulle na die destydse waarnemende munisipale bestuurder, mnr André Phete, gewend en toestemming gevra om die munisipale tuin te omskep en mooi te maak.
Hulle belê in hul personeel
Boomplaats Abattoir buite Upington, het die Rooi-vleis Abattoir Ver-eniging se jaarlikse konferensie bygewoon.
Dit is verlede week by die Lord Charles Hotel in Somerset Wes gehou.
Boomplaats Abattoir is vereer met 'n sertifikaat vir 'n Lae deurset slagpale, wat tydens 2023, die meeste opleiding verskaf het aan hulle personeel.
Hulle het prysgeld ter waarde van R15 000 ontvang wat hulle kan aanwend vir verdere personeelopleiding. Op die foto is Flippie Ludick (bemarkingsbestuurder van Boomplaats en
Desert Beef Abattoir) en Agriseta se verteenwoordiger.
Rioolreuke weer ondersoek
GEMSBOK-UPINGTON: Rolspelers, wat die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommisie en Afriforum Upington, insluit - het Maandag met die Dawid Kruiper Munisipaliteit se direkteur van siviele ingenieursdienste, mnr. Padwald Jonker, ‘n ter plaatse besoek aan die dreineringsgebied tussen die Kalahari Mall en Hoërskool Duineveld in Malherbestraat, die water afvoer kanaal, wat onder die treinbrug in Schröderstraat deur loop en ander kwel punte, afgelê.
Die doel van die besoek om ‘n oorsaak vir en gesamentlike oplossing vir die riool-agtige reuke wat uit hierdie dreineringsgebied kom te vind.
Oranjehof hou Saterdag 'n Straatmark
GEMSBOK-UPINGTON: Die Oranjehof Tehuis vir Bejaardes hou Saterdag vanaf 09:tot 14:00 ‘n groot straatmark.
Du Plessiesstraat, die straat by die hoofingang van die tehuis, word spesiaal vir die doel afgesper.
Die straatmark word in samewerking met Upington Boeremark gehou en ‘n groot verskeidenheid produkte sal te koop aangebied word.
Dit beloof om ‘n feestelike geleentheid te wees. Cazebo’s van alle kleure, sal in die straat opgeslaan word en tafels met produkte gaan onder die bome en op die grasperk van die tehuis uitgepak word.
Die matrone van die tehuis, Adri Calisi, sê die opgewondenheid is voelbaar in die gange en woonstelletjies by die tehuis. Daar word gehekel, brei en krale gemaak vir die handwerktafel.
Nuwe voorsitter vir Rooiduin ATKV-tak
GEMSBOK-UPINGTON: Mev Anschen van Blerk is die nuwe leier van die Rooiduin ATKV-tak.
Anschen neem oor by Beatrix Venter, wie vanaf 2018 tot 2023 die voorsitter was.
Anschen is gebore en getoë op Upington. Haar liefde vir liefdadigheid en funksies reël het begin toe sy in 2000 by Kansa se Vonkelvrou betrokke geraak het.
Daarna het sy vanaf 2005 tot 2021 op Laerskool Oranje –Noord en Hoërskool Duineveld se OOV gedien. Tussen deur was sy ook betrokke by die destydse Jong Dames Dinamiek (JDD). Tans is sy ook die koördineerder van die Bloemfonteinse Therapea Kinderhuis in Upington, asook voorsitster van die Mosaiek Enkellopende Dames groepie.
Noord-Kaap kan helder skyn vir hernubare energie – Ramokgopa
GEMSBOK-KENHARDT: Die Noord-Kaap, met sy oorvloedige sonlig- en windenergiepotensiaal, is besig om ‘n sleutelspeler in Suid-Afrika se hernubare energiesektor te word, volgens dr Kgosientsho Ramokgopa, die minister in die presidensie vir elektrisiteit.
Ramokgopa se opmerkings het gekom tydens ‘n seremonie Vrydag wat die aanvang van kommersiële bedrywighede by ‘n 540MW-sonkrag- en battery-energiebergingsfasiliteit in Kenhardt in die Noord-Kaap merk.
Die Scatec ASA-projek, met ‘n totale kapasiteit van 540MW sonkrag en 225MW/1 140MWh batteryberging, staan as een van die wêreld se grootste hibriede sonkrag- en batterybergingsfasiliteite.
Die projek, met ‘n totale kapitaalbesteding van ongeveer US $1 miljard, verteenwoordig Scatec se grootste verbintenis tot dusver.
Einde van 'n Era - Barbier verlaat dorp
GEMSBOK-UPINGTON: Willem Myburgh se haarsalon, langs Upington Glaswerke, is al vir 35 jaar deel van die Upington gemeenskap. Vrydag sny Willem vir die laaste keer hare op Upington.
En so eindig sy jarelange verbintenis met Upington .
Dis was nie vir Willem maklik om die besluit te neem nie. Want, na 35 jaar, het sy kliënte al sy familie geword.
Toe ek by die salon instap, was ek so gelukkig om juis twee van Willem se ou kliënte, oom Giel Steenkamp en Harry Lensing in die salon te kry.
Met die opdrag van ds. Gert Barnard, “om maar ‘n bietjie hard te praat,” groet en vriendelik en sê sommer dat ek wil kom gesels oor al die jare se haarsnyery. Dit was met hartseer en verbasing wat oom Giel en Harry die nuus moes aanhoor.
GW gaan "hippie chic"
GEMSBOK-GRIEKWASTAD: Die 91ste Sirkelkonferensie is aangebied deur Griekwastadtak met die tema “Hippie Chic”.
Die gaste was in die tema aangetrek en tafels helderkleurig gedek in kolle en strepe. ‘n Koedoe onder ‘n kameeldoringboom in die saal het herinner aan die Griekwaland-Wes.
Sprekers was dr Jess De Bruyn wat gaste ingelig het oor alternatiewe genesing, om stres te verlig, gesonde eetgewoontes en natuurlike middels. R&J Fire Arms het waardevolle inligting verskaf oor die vuurwapenwet, wapenopleiding en beveiliging
Voerkraal Inligtingsdag was groot sukses
GEMSBOK-UPINGTON: Net voor vanjaar se Upington Landbou Expo, het Desert Beef ‘n Skaap- en Bees Voerkraaldag aangebied.
99 Beeste en 160 skape was ingeskryf vir die slagkompetisie.
Van die beesrasse wat aan die kompetisie deelgeneem het, was: Angus, Brangus, Bonsmara, Santas, Susex, Jersey, Draughtmasters en Bonsmara kruisings.
Voor die tyd het almal die beeste besigtig, waarna daar begin slag is.
Sirkel NWK hou 94ste konferensie
GEMSBOK-UPINGTON: Sirkel Noordwes-Kaap se Marydale tak het die sirkel se 94 st konferensie aangebied ondanks moeilike omstandighede.
By gebrek aan ’n geskikte lokaal het die konferensie plaas gevind in die pragtige NG Kerk. Krag onderbreking en watertekort het gedreig, maar alles het ongelooflik glad verloop en die taklede wat baie kilometers uit die dorp bly kan hulself op die skouer klop vir ’n uitstekende konferensie .
Leefstyl: Me Landi de Beer praat oor die verskillende figuur-vorms waarin dames kan pas.
Beesbeoordeling tydens Upt Expo
Verskeie beesrasse is vanjaar tydens die Upington Landbou Expo ten toon gestel.
Gert Fourie, sameroeper van die beeste by die skou, het baie moeite gedoen om kenners te nooi om oor die verskillende beesrasse, teling en voeding te gesels. Van die rasse wat daar was is Droughtmasters, Boran, Brahmaan en Sussex beeste.
Terwyl die diere beoordeel is, was daar besprekings. Chris Goosen het die toeskouers se mening gevra terwyl het beoordeel het en dan, saam met ander kenners, verduidelik hoekom hy ‘n betrokke dier, eerste, tweede of derde plaas.
Namakwalandse gemeenskappe vra vir moratorium op alle nuwe mynregte
GEMSBOK-NAMAKWA: Mense van Richtersveld, Concordia, Hondeklipbaai en ander Noord-Kaapse dorpe het op Menseregtedag in Springbok opgeruk om ’n moratorium op alle nuwe mynaansoeke en die hernuwing van ou mynpermitte, te eis.
Hulle eis dat staatsdepartemente sinvol by geaffekteerde gemeenskappe betrokke raak oor nuwe ontwikkelings.
Daar is vroeër in die media berig dat die Richtersveld-gemeenskap in 2003 ‘n landmerksaak in die konstitusionele hof, teen die staatsbeheerde diamantmynmaatskappy, Alexkor, gewen het.
‘n Skikking wat in 2007 bereik is, het die Pooling and Sharing -gesamentlike onderneming tot stand gebring, met Alexkor wat ‘n 51%-belang en die gemeenskap 49% deur die Richtersveld Mynmaatskappy, gehou.