Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Verlede week het Tshahitsi Lodge en Kalahari Lifestyle Lodge op Upington hul 5-ster gradering ontvang. Dit is die hoogste gradering in Suid-Afrika vir die formele, informele akkommodasie en konferensie industrie. 
Sebastiaan Mapanka, ‘n geakrediteerde assessor vir die Toerisme Graderingsraad van Suid-Afrika, het die oorhandiging aan mnr Jean Lambrechts waargeneem. Jean is die eienaar van die NC Famous Lodges groep, waarvan Tshahitsi Lodge en Kalahari Lifestyle Lodge deel is.
Wat hierdie gradering ook besonders maak, is dat dit saamval met Toerismemaand (September) wat ook die week deur minister Patricia de Lille in Kimberley bekendgestel is.
Dis nog nie die einde nie - Red Ox het ook ‘n 5-ster gradering gekry wat later in September oorhandig sal word. Dan is die Toerisme Graderingsraad ook besig om Letsatsi te gradeer. Mnr. Lambrechts sê as Letsatsi ook ‘n 5-ster kry, dan het die NC Famous Lodges groep, die meeste 5-ster statusse in  die Noord- en Wes-Kaap, dis nou vir lodges in privaat besit in Suid-Afrika.

 
Dié TGCSA Star Grading is ‘n amptelike ranglys wat wêreldwyd erken word. Dit word toegeken sodra ‘n onafhanklike gehaltebeoordeling voltooi en goedgekeur is, wat alle reisigers help om vooraf te weet wat om te verwag van ‘n instansie soos ‘n hotel, B&B, gastehuis, ens.
Plaaslike instansies word gegradeer van 1-ster tot 5-sterre. Met 1-ster, wat baie basies is in die fasiliteite wat dit bied en 5- sterre, ‘n baie luukse plek met baie ekstras. Hierdie 5-ster gradering, beteken ontsettend baie vir die groep. Plaaslike en internasionale toeriste erken dadelik die kwaliteit en diensuitnemendheid van Tshahitsi en Kalahari Lifestyle Lodge.
Mnr. Sebastiaan Mapanka, wat die gradering gedoen het, sê Tshahitsi- en Kalahari Lifestyle Lodge, is leiers in kwaliteit akkommodasie in “selfcatering”  lodges, in Upington en omgewing. “ Mense kan hier kom kersopsteek. Hierdie is ‘n mylpaal wat bereik is deur konstante toewyding.”
Mnr Mapanka gaan verder om te sê, dat mnr. Lambrechts en sy span duidelik hul passie in toerisme op ‘n daaglikse wyse uitleef. “Dit is vir my as assessor ‘n voorreg om deel te wees van die groot mylpaal, waarin kwaliteit in toerisme op so ‘n hoë standaard  toegepas word. Ek wens die span die allerbeste toe op hul pad vorentoe.”
Hierdie passie waarvan hy praat, is Jean Lambrechts se spreuke, “ NO PASSION NO POINT”.
Jean gaan verder deur te sê: “My oorlede pa, wat baie streng was, het altyd vir my gesê: ‘Jy werk eers vir jou naam dan begin werk jy vir geld! Nie anders om nie, anders hou die geld nie!
“Ons 5-ster gradering is die resultaat van ongelooflike dryfkrag en baie harde werk. Harde werk word altyd beloon, maar harde werk, is nie vir almal beskore nie. Dis ook baie belangrik om jouself te omring, met goeie, betroubare personeel, wat deel in jou passie. Ek is verder ook baie ingestel op die fynere besonderhede waarna ‘n kliënt soek. Dit is skaars, niemand gee meer werklik aandag daaraan nie. Alle kliënte wat my Lodges besoek, is KONINGS en hulle moet soos KONINGS behandel word.
“Die volgende terugvoer deur kliënte verlede week, som die punte wat ek genoem het baie mooi op: “Jean, I always knew you would become successful, because you are a hard worker and you are active in the business. There are very few business men like you who enjoy what they are doing.’
“Môre Jean. Wil jou net gelukwens met die pragtige karavaanstaanplekke by Letsatsi. Dis voorwaar ‘n plesier om daar te staan. Ons sien julle gou weer.” - Johan en Marie Conradie
“Dan my leuse in die lewe is: Wees beskeie; wees nederig; stel ‘n voorbeeld aan jou personeel en gemeenskap en stap ‘n reguit pad.”