Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KEIMOES: Keimoes se bekende waterwiel in die kanaal langs die hoofstraat het byna ’n gedaanteverwisseling ondergaan nadat die plaaslike AfriForum-tak  ingegryp het. 
Die waterwiel is een van dié Noord-Kaapse dorpie se grootste besienswaardighede.
Die !Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit kom nie hul pligte ten opsigte van dienslewering na nie en dit bring geweldige verval in Keimoes mee. 
Die AfriForum-tak het die area om die kanaal skoongemaak en eindelik ses vragte vullis weggery. 
Kobus Pool, ’n lid van die Keimoes-buurtwag, en vyf werkers het die bome en palmbome se dooie en slordige takke gesnoei, gras gesny en ook die gras uitgehaal wat oor die plaveisel groei. 
 Van die plaveiselstene is verwyder en weer reg ingesit vir ’n gladde loopvlak.

 
Verder is ’n gedeelte van die waterwiel se afvoerpyp, wat water na die terugvoerdam neem, vervang en die res van die pypnetwerk is skoongemaak om weer doeltreffend te funksioneer.  
Kwaaddoeners het al in die verlede die plaveisel oopgebreek en die pyp gevandaliseer. 
Dié toeriste aantreklikheid se parkeerterrein is ook verfraai deur die padmerke met 20 liter verf oor te verf en rommel is opgetel.  
Daar is ook drie Kaapse-boomaalwyne by die waterwiel aangeplant en die tak is nog besig om ’n bord op te rig wat toeriste versoek om nie vullis te strooi nie. 
Daar is ook nuwe stoptekenborde op brandpunte opgerig waar daar aanvanklik geen van dié verkeerstekens was nie.