Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Tannie Ria Conradie, bekend as orrelis van die NG Kerk Blydeville en haar gesin, verhuis einde Augustus na Gordonsbaai.
Tannie Ria het al die jare by FNB Insurance op Upington gewerk - om die waarheid te sê, 39 jaar. Toe sy daar begin werk het, was dit Bibsal in die Umbra-gebou, daarna het dit Bowring Barcleys geword en toe First Bowring. Tannie Ria het al die tyd daar gewerk, soos die naam verander het, asook die personeel. 
Sy onthou haar tyd in die korttermynversekeringsbedryf met heimwee en liefde. Sy het vriende en kennisse daar ontmoet en het nog kontak met baie van hulle.


Sy het as kind geleer klavier speel - dit altyd buitemuurs as ekstra vak gehad. Sy was 35 jaar oud toe sy leer orrel speel het. Toe was hulle in die Oos-gemeente. Daar het ‘n vakante pos ontstaan en sy het geroepe gevoel om te leer orrel speel. Juanita Joubert het haar bietjie touwys gemaak. Tannie Ria sê sy onthou dat sy Kersfees 1981 haar eerste diens alleen as orrelis waargeneem het.
Sy was 13 jaar in die NG Kerk Oos die orrelis en in Januarie 1994 het sy in Blydeville begin speel. Die gesin het toe in Blydeville gewoon. Haar man, oom Johan, het die gesin  twee jaar gelede ontval.
Tannie Ria sê die orrelis speel nie net die instrument nie, dit behels baie meer. Dit is die bediening van God se woord deur middel van musiek. Sy het so baie Kersdienste saam met die predikante beplan, was teenwoordig by honderde kinders wat gedoop is, by begrafnisse en troues gespeel en nog by baie ander spesiale geleenthede.  Sy sal nooit die gemeente vergeet nie, dit was vir haar ‘n wonderlike tyd om in Blydeville te wees. Upington is vir haar ‘n heerlike plek om in te bly. Sy het 45 jaar hier gewoon.
Nou sien tannie Ria uit na haar tweede aftrede by die see, saam met haar dogter Teresa en haar gesin.
Ons hoop vir haar baie seëning toe, sy wil eers net rus en dan sal sy miskien weer  op ‘n aflos-basis orrel speel - so dien sy die Here.

 


Mev. Ria Conradie, bekende orrelis van Upington verhuis eersdaags na Gordonsbaai.