Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-GROBLERSHOOP:  Groblershopers het verlede week, onder die vaandel van die burgerlike organisasies “A Kheis of Hope”, hul tweede  maandelikse poging aangewend om die dorp skoon te maak.
“A Kheis of HOPE” het uit kla en ontevredenheid tot stand gekom, toe ‘n paar ontevrede vroue nie langer die verval in hul dorp wou aanskou nie. 
Sedertdien is dit egter nét ‘n positiewe organisasie. Die doel is om mense weer hoop te gee en te laat glo dat almal ‘n verskil kan maak.
“Hoop met aksie”, is die saadjie wat geplant is en die reaksie van die brëe gemeenskap was oorweldigend.  Die vullisterrein was as gevolg van jare se verval en verwaarlosing, totaal onbegaanbaar en ontoeganklik. Met die eerste dorpskoonmaak -aksie in Julie, het die gemeenskap swaar masjinerie ensomeer ingekry en die pad na die stortingsterrein veilig en toeganklik gemaak.
Daar is ook nuwe gate gegrawe, waarin die vullis in die tussentyd gegooi kan word.  


Die boerevereniging, besigheidseienaars, munisipale amptenare en raadslede, skole, die ATKV-tak, politieke partye, polisiemanne en -vroue, staatsdepartemente, kerkgroepe, huisvrouens, werkloses, werkendes, bejaardes en jeugdiges het almal saamgekom en letterlik berge rommel getakel.
Dit gaan  nòg ‘n paar sulke aksies verg om weer die hoop in Groblershoop terug te sit en haar kroon netjies op haar kop te sit.
Dan sal daar stel-selmatig van woonbuurt na woonbuurt beweeg word om die hele !Kheis gebied se lewenskwaliteit en verwagting te verander.  
A !Kheis of Hope streef daarna om elke inwoner te laat besef dat vooruitgang in sy/haar hande is en dat ‘n span die Olifant happie vir happie (swart sak vir swart sak) kan opeet, én dit geniet.
Vir enige navrae kontak: Anta de Jager  072 447 6740