Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Hoe̎rskool Duineveld se Kultuurweek, wat in Augustus gehou is, is op ’n hoe̎ noot afgesluit met die ATKV KUIER saam met Hannes van Wyk.
Die oggend is deur die Rooiduin-tak georganiseer is.  Hoe̎rskool Duineveld het ook in Augustusmaand hul 60ste bestaansjaar gevier.
Die gaste het heerlike ontbyt, koek en tee geniet, terwyl die leerlinge van Karine Stolper Dansskool hulle vermaak het. 
Hoe̎rskool Duineveld leerlinge, Xander Venter en Alexander Hodgson, het die gaste verbaas met hul talent terwyl Pieter Jordaan die gaste bekoor het met sy sang. 


Talle uitstallers met pragtige goedere en geskenke vir gelukkige trekkings, het die oggend mooi afgerond.
Hannes van Wyk, bekende en geliefde aanbieder van Kwêla en Hannes aan Huis, het behoorlik die gaste laat skaterlag met sy pittige sêgoed asook ’n traan gepik toe hy oor die kosbaarheid van Moeders gesels het.
Indien enige iemand belangstel om betrokke te raak by die ATKV en hul projekte, kan u gerus met Anschen van Blerk by 082 430 9498 skakel.