Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die eerste Woestyn Botaniese Tuin in Suid-Afrika, is verlede week in die  |Ai|Ais/Richtersveld Oorgrenspark geopen.. 
Hierdie tuin, wat die Richtersveld Inheemse Kwekery insluit, verteenwoordig die inheemse flora van Suid-Afrika se Woestynbioom en is by Sendelingsdrift gesetel.  Dit sal oop wees vir die publiek as deel van die toeriste aktiwiteite  van die park.
Dit is die eerste en enigste botaniese tuin wat die woestynflora binne die Woestynbioom van Suid-Afrika verteenwoordig.
Die tuin is die droom van die park se inwonende plantkundige, mnr Pieter van Wyk, om die natuur vir ons toekomstige geslag te bewaar.


Hierdie is 'n gesamentlike onderneming tussen Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) en Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) en fokus op onder andere op:
Die fasilitering van navorsingsgeleenthede, inheemse plantversamelings en versamelingsbestuur, kwekerybestuur, lae-onderhoud-landskap van die Sendelingsdrift-ruskamp-tuine en die deel van inligting en die bevordering van kennis van die plantegroei en gepaardgaande wild. 
Botaniese tuine dien 'n unieke rol in bewaring en word gedefinieer deur die volgende kenmerke te hê:
• voldoende etikettering van die plante
• 'n onderliggende wetenskaplike basis vir die versamelings
• kommunikasie van inligting aan ander tuine, instansies, organisasies en die publiek
• uitruil van sade of ander materiaal met ander botaniese tuine, arboreta of navorsingstasies
• langtermyn verbintenis tot en verantwoordelikheid vir die instandhouding van plantversamelings
• instandhouding van navorsingsprogramme in planttaksonomie in geassosieerde herbaria
• monitering van die plante in die versameling          

• oop vir die publiek
• die bevordering van bewaring deur voorligting en omgewingsopvoedingsaktiwiteite
• behoorlike dokumentasie van die versamelings, insluitend dié van wilde oorsprong
• wetenskaplike of tegniese navorsing oor plante in die versamelings te onderneem.
Vir meer inligting, besoek asseblief ons webwerf: www.sanparks.org of skakel die park direk by: 027 831 1506